Sunday 7 August 2016

Dinge wat jy moet weet oor....FIKSHEID

Hier is paar belangrike dinge wat jy moet weet oor fiksheid!

1.)Nie net oefen dit jou lyf,maar dit oefen jou brein ook.
Fiksheid verhoog energie vlakke en verhoog serotonien(n Voorbeeld van n neurotransmitter,n chemiese bootskap wat rondgegooi word tessun senuwee selle) in die brein.Soos die spreukwoord sệ,n gesonde liggaam huisves n gesonde gees!
2.)Fiksheid maak stres minder.
Oefening produseer n ontspaninge reaksie wat n positiewe gevoel gee.
3.)Oefening gee jou meer energie.
Wanneer jy oefen word daar endorfiene in jou bloedstroom vrygestel wat veroorsaak dat jy in n “feel good mode” is  en vol energie is vir die dag.
4.)Dis nie so moeilik om tyd te maak vir fiksheid nie.
Die sleutel is om jou tyd wys  te gebruik,dink so daaraan,gooi twee voёls raak met een klip.Vat(loop) jou kinders parkie toe om hulle fietse te gaan ry,dan kry jy sommer fisiese  oefening in en jy spandeer tyd saam jou gesin.
5.)Fiksheid kan jou ook help om verhouding te bou.
Skeduleer n oefensessie saam jou familielede,vriende of vriendinne en dan bou jy dieselfde tyd verhouding.
6.) Fiksheid laat jou hart vinniger klop.
Hoe meer jou lyf beweeg,hoe vinniger klop jou hart.
7.)Oefening hou jou jonk.
Oefening hou jou lyf mooi jonk en gesond, as jy oefen sal jy nie sommer hart proebleme kry nie.
8.)Eetgewoontes.
Hulle sệ mos “You are what you eat” en dit is so waar!Jy kan nie verwag om gewig  te verloor as jy alles eet wat jou oё sien nie!!(bv. inplaas van 3 glasse gaskoeldrank n dag of n week, drink water en inplaas daarvan om groot porsies kos te eet, eet kleinner porsies) ek  kan jou belowe jy gaan nogsteeds versadig wees!LUISTER NA JOU LYF!!
9.)Om gewig te verloor is nie die belangrikste ding nie.
Jy kan baie gewig verloor en nogsteeds nie gesond wees nie maar jy kan regte oefeninge doen, gesond wees en die  regte hoeveelheid gewig verloor??