Tuesday 3 May 2016

`n Venster na my hart...

My naam is Ava Sothmann.Ek is 17 jaar oud en ek is gebore op die 15 Aug 1998 in Pretoria Oos Hospitaal.

Toe ek 5 jaar oud was,was ek gediagnoseer  met ‘n  baie skaars sindroom,die Machado Joseph Sindroom(MJD).Dit is ‘n sindroom waar jou Serebellum krimp en waar jy spesifieke simptome kry(as jy my vorige blog gelees het,sal jy weet wat al die simptome is).Die simptome wat ek beleef is: Stadig swakheid van bene en arms,soms  geblurde visie, ongekoördineerde loop, stadige en verwarde spraak, stadige oë beweging, erge attaksies(soms is dit baie erg,soms is dit beter, stadige geheue verlies,sukkel met aandag,sukkel  met my belans en met die fyn werking van fyn goed.
Dit is vir my baie moeilik om hierdie te aanvaar want in die verlede kon ek alle sportsoorte doen soos netbal,hokkie,ballet,gimnastiek,versping ens. en toe moes ek net stop en ek het nie regtig verstaan hoekom nie.
As ‘n kind het ek baie trauma beleef.’n Rukkie nadat ek gediagnoseer is met die sindroom, is my Ma gediagnoseer met borskanker.Toe my Ma gediagnoseer is met kanker,het my ouma vir ‘n rukkie hier by my,my boetie en my Pa kom bly.
Ek was te deurmekaar  en te klein om te te verstaan wat aan gaan.So twee  jaar wat my ouma by ons gebly het,was my Ma oorlede.Dit was vir my baie erg,dit het vir my gevoel of ek my beste vriend verloor het en ek kon nie verstaan hoekom dit met ons gebeur nie!!Ek het nie oor my pyn gepraat nie,my ouma het my baie gevra “hoekom huil jy nooit oor mamma nie?” en ek het gesệ “want ek moet  sterk wees vir pappa en vir boeta,want as hulle sien ek is hartseer,dan maak ek hulle nog meer hartseer”.Ek mis my Ma nou nog baie,soms voel dit vir my of niemand in die wệreld my so goed kan verstaan soos sy het nie!!

Partykeer voel ek of ek my kop onder die komberse wil indruk en nooit weer uitkom nie!!!Maar ek kan vir jou sệ dat alles raak met tyd beter,die pyn gaan nooit  weg nie maar dit raak definitief beter!!


My name is Ava Sothmann. I am 17 years old and I was born on 15 August 1998 in Pretoria East Hospital.
When I was 5 years old, I was diagnosed with a very rare syndrome, the Machado Joseph Syndrome (MJS).  It is a syndrome that shrinks your Cerebellum with specific symptoms (if you've read my previous blog, you will know all the symptoms).  The symptoms I'm experiencing:  slow weakness of arms and legs, sometimes blurred vision, uncoordinated walking, slow and slurred speech, slow eye movements, severe ataxia (sometimes it's really tough, sometimes better, slow memory loss, difficulty paying attention, difficulty with my balance and the fine performance of fine motor skills.
It is very difficult for me to accept this because in the past I could do all sports like netball, hockey, ballet, gymnastics, long jump etc. and then I had to stop all my sport and I did not really understand why.
As a child I had great trauma. A While after I was diagnosed with the syndrome, my mother were diagnosed with breast cancer. When my Mother got breast cancer, my grandmother came to stay with us for a while.
I was too small and too confused to understand what was going on. So for two years my grandmother stayed with us.  It seemed as if I had lost my best friend, I could not understand why these bad things had happen to us!!  I did not want to feel my pain, my grandmother asked me many times why I never cry about my mom. I answered "because I have to be strong for dad and boeta, because if they see I'm sad, then I make them even sadder".  I miss my mom so much now, sometimes I feel as if nobody in the world can understand me as well as she did!!

Sometimes I feel as if I just want to put my head under the covers and never come out again!!! But I can tell you that everything becomes better with time, the pain never goes away but it becomes definitely better!!