Thursday 5 November 2015

20 Maniere hoe om jou vriendskap sterker te maak...

Vriendskaps verhoudings is baie belangrik!

 Hoe om jou vriendskap sterk te maak en sterk te hou......

1.Kies jou vriende versigtig-Jy hoef nie met almal vriende te wees nie. Wees vriende met  mense wat jou op bou en nie afbreek nie. Jy kan nie jou familie kies nie maar jy kan jou vriende kies!
2.Luister-Luiter versigtig wat die ander persoon se! Die ander persoon moet weet jy hoor hulle. Moenie bang wees om vrae te vra nie, wys jy gee om en dat jy belang stel in hulle lewe! Partykeer wen jy mense se harte net deur te luister!
3.Reageer versigtig-Dink mooi voor jy praat, veral as jy kwaad is. Kies jou woorde versigtig!
4.Weerhou jousellf daarvan om jou vriende se probleme altyd op te wil los!-As hulle jou vir  raad  vra, gee dit, maar moenie jou vriende se lewe probeer regeer nie, wees jy net n vriend wat hul kan vertrou en wat hulle troos as hul huil ens. Hulle moet weet hul kan op jou staat maak!
5.Moenie in kompetisie met jou vriende wees nie-Moenie jou vriende se goed begeer nie, bv. moenie n nuwe foon wil he net omdat hy of sy n nuwe foon het nie!
6.Behou jou waardes-Moenie jou vriendskap probeer " maak werk" om net soos jou vriend te wil wees nie, wees JOUSELF!
7.Komminukeer en wees eerlik-"Honesty is the best policy"Ontwikkeling van komminukasie en vertroue neem tyd!Jou vriende moet weet hul kan jou vertrou en jy moet hulle ook kan vertrou.Vra wat kan jy vir hulle doen. As daar n probleem ontstaan, los  dit saam op!
8.Anvaar jou vriende vir wie hulle is-Aanvaar jou vriende vir wie hul is want hulle aanvaar  jou. Moet nooit  vriende oordeel nie, jy weet  nie wanneer jy weer sulke gooie vriende kan kry nie.
9.Respekteer hul besluite-Dit is oky om partykeer te verskil van mekaar.Hulle se jy moet bietjie bakly om jou vriendskap sterkker te maak.Moenie die heeltyd by jou vriend wil  wees nie, gee hul bietjie hulle spasie....
10.Wees die soort vriend wat jy wil he ander moet vir jou wees-Wees vriendellik, eerlik, warmhartig, behulpsaam, liefdevol en wys dat jy omgee!
11.He empatie-Plaas jouself in jou vriend se skoene waanneer omstandighede moeilik is!
12.Gee komplimente-Wys vir jou vriende jy gee om, wees lief vir hulle en ondersteun hulle deur     komplimente  te gee.
13.Wees dankbaar-as jou vriend vir jou iets doen, se dankie!
14.Erken en se jammer-Erken jou foute en se jammer, as jy iets verkeerd gedoen het.
15.Laat gaan- hier kan dit twee betekenisse hê:
      a. As jy agterkom die vriendskap is 'n eenrigting vriendskap - jy doen alles van jou kant af om die           vriendskap aan die "lewe" te hou, en kry niks terug nie - laat jou vriend gaan, want dit is nie             'n vriendskap nie.
      b. As jou vriend jou seer gemaak het en sy/hy het omverskoning gevra, laat dit gaan en vergewe           en bou die vriendskap sterker.
16.Maak tyd vir jou vriende-Spandeer tyd saam jou vriende. Tyd is die grootste geskenk wat jy vir iemand kan gee, want as jy jou tyd vir iemand gee, gee jy n stukkie van jou lewe wat jy nooit weer kan trugkry nie.
17.Hou jou beloftes-As jy nie jou beloftes kan nakom nie, moet dit nie maak nie. Die gouste manier om jou vriend se vertroue te verloor is om beloftes te maak wat jy nie kan nakom nie.
18.Geniet wat julle in gemeen het-As jul altwee van dieselfde goed hou, doen dit saam bv.as jul altwee baie van yoghurt hou, gaan eet een keer n week saam WakkaBerry.
19.Probeer nuwe dinge saam-He "adventure" saam!Nuwe avonture is altyd lekkerder saam jou vriend bv. as jul altwee bang is vir "bungy jump", gaan doen dit saam en spandeer tyd saam.
20.He pret saam jou vriende-As jou vriend lag of huil of pyn het, deel dit saam!

Tuesday 3 November 2015

Is jy verslaaf?

Is jy verslaaf?

Het jy so pas NEE geantwoord? Miskien is jy nie verslaaf aan dwelms of alkohol nie, maar het jy al ooit gedink dat jy verslaaf kan wees aan jou foon?

Antwoord gou die paar vrae... My antwoorde
Moet jy kort-kort op jou foon kyk vir boodskappe, BBMs of WhatsApps?Ja
Moet jy  minder as  elke 10min  kyk op jou foon?Ja
Is jou foon altyd by jou maak  nie saak waar jy in die huis is nie?Meeste van die tyd,maar nie altyd nie!
Kan jy net nie  jou huis verlaat sonder jou foon nie?Nee,ek kan maar meeste van die tyd vat ek my foon saam met my.
Voel jy  verlore  sonder jou foon?Ja
Meng jou foon in met skoolwerk of jou gesin?Nee, nooit nie, ek sit altyd my foon weg as ek besig is.
Meng dit in met konsentrasie soos as jou n boek lees of as jy moet leer?Soms moet ek net loer maar meeste van die tyd nie.
Is jou data in minder as n week op?Nie myne nie want ons het WIFI maar as ons nie gehaat het nie sou dit so in  biekie minder as n maand op gewees het.
Is jou foon die eerste ding waarna jy gryp in die oggend al is jy nog nie mooi wakker nieSoms maar nie altyd nie!
Hoor jy soms jou foon lui terwyl hy eintlik tjoepstil is?Nee

Ek is 'n tiener wat verslaaf is, en ek het dit gister agtergekom...
My foon het geval en die skerm het gekraak en nou wil die skerm glad nie meer aan nie.
Nou is ek vir 2weke sonder n foon:(:(  En dit voel of ek gaan dood gaan!!

Maar ek weet dit is nie reg om veslaaf aan jou  foon te wees nie WANT jy moet eintlik verslaaf wees aan die Here!!