Monday 31 October 2016

Geboelie tot in Rehab...

1.)Wat is jou naam,van en ouderdom?
Nicholas George Sothmann, ek is tans 22 jaar oud
2.)Wat doen jy tans?
Werk as n voorman vir Officescape Interior Contractors
3.)Wat was die oorsaak dat jy in Rehab was?
Die misbruik van dwelms en verkeerde keuses
4.) Wat of wie het jou laat besef dat jy rehab nodig het?
Ek het nie self besluit om rehab toe te gaan nie, ek was half en half in dit in geboelie deur my ouers en mense wat naaste aan my was
5.) Hoe was jou lewe voor Rehab?
My lewe was maar lekker dol. Ek het nie regtig respek vir enige iemand of myself gehad nie, ek het baie roekeloos geleef en het my hele skoolloopbaan opgeneuk deur nie te studeer nie en die nagevolge van dit was dat ek nie kon gaan studeer by universiteit nie. Ek het gedink ek weet alles maar ek was maar eintlik bietjie “confused”.
6.)Hoe jou was jou lewe na Rehab?
Ek sou sệ dat ek baie geleer het in rehab en dat dit regtig n wonderlike 2de kans was vir my om almal te wys dat ek ‘n sukses uit my lewe uit kan maak, ek is nou tans amper 4 jaar skoon van straat dwelms en het nog nooit beter gevoel oor my lewe as wat ek op die oomblik doen nie. Ek  het wonderlike nuwe vriende gemaak en het vir die eerste keer in my lewe n verhouding met my pa gebou.
6.) Wat het jy in Rehab geleer?
Ek het ongelooflik baie goed geleer in rehab, nie noodwendig oor die gevare van dwelms nie maar meer oor hoe mens lewe se probleme moet aanvat en hoe om te “cope” op die moelike dae want tot vandag toe as ek Dagga ruik maak dit my lus om van dit te rook, maar dan kyk ek net terug na alles wat ek al beruik het en sệ net vir myself dit is nie die moeite werd nie. Ek het ook geleer hoe om met my hande te werk in rehab wat awesome was, ons het n Landscaping, animal, building  span gehad wat elke week gewissel het so jy het iets van alles geleer, ek moet sệ die klasse was baie interresant, ons het deur die Woord gesien dat hoe ons lewens was voor rehab, ‘n fout was, en dat ons nooit ‘n sukses van ons lewens sou kon maak as ons so aangehou het nie. Ek het ook daar binne begin Muay Thai doen wat ek ongelooflik baie geniet het.

7.) Het jy jouself emosioneel kon voorberei vir die Rehab?
Nee,nie regtig nie. Ek was op baie kort kennisgewing net in rehab geplaas en daar gelos vir die volgende 8 maande, ek het op die tyd ‘n meisie gehad wat dit moelik gemaak het maar ek het ge”cope”
8.) Wou jy gehelp (gerehabiliteer) word?
In die begin het ek gedink dis n pot snert en het geen idee gehad wat ek eintlik hier doen nie want ek het gevoel ek is anders as die res van die mense want ek was mos nie so erg nie maar soos wat die tyd aanbeweeg het, toe besef ek dat ek “actually” ‘n baie groot problem het en toe kon ek sien ek kan dit nie op my eie doen nie.
9.) Op watter ouderdom was jy in Rehab?
Ek het ingegaan toe ek 20 was in die jaar 2013
10.) Waarom dink jy het die mense om jou gedink jy kort Rehab?
Want ek het n baie roekelose lewe gelui en soos ek gesệ het, ek het nie respek vir enige iemand gehad nie.
11.) Wat was die situasie waarin jy vir die eerste keer die middel gebruik het?
Wel, ons was by n pel se huis, in graad 8 2008 en toe probeer ek dit en van daar af het dit my nog so 3-4 jaar gevat voor dat ek vol op verslaaf was daaraan.
12.) Wat se invloed het vriende op jou keuse gehad dat jy die middel begin gebruik het?
Nie te groot nie, ek sou sệ ek wou dit doen en dit is hoekom ek dit gedoen het, ons het dit baie saam gedoen maar ek het ook baie op my eie.
13.) Is jy vandag bly dat jy Rehab toe gegaan het?
In alle eerlikheid, ek dink dit was die beste besluit van my lewe en ek was nog nooit so dankbaar vir n 2de kaans nie. Ek sệ baie dankie vir my Pa wat my daar na toe gesleep het en nie vir my geluister het nie toe ek vir hom sệ ek het dit nie nodig nie , want ek was “Confused”
14.) Sou jy sệ die Here het jou verlos van jou verslawing?
Defnetief! Ek is verlos van my verslawing.
15.)Sou jy sê daar is hoop vir enige iemand met n verslawing?
Defnetief is daar hoop vir enige iemand met n verslawing. Dit gaan net oor jou “attitude” teenoor dit en hoe graag wil jy dit verander en hoe goed jou verhouding met God is want God doen baie wonderwerke elke dag.
16.) Wat gaan keer dat jy nie weer verslaaf gaan raak nie?
Regte vriende en die wilskrag om dit nie weer te wil doen nie, want dit is ongesond vir n mens.
17.) Het jy ‘ge-relaps” na jou rehab of is jy nog altyd skoon?
Soos ek gesệ het,ek is nogsteeds skoon van straat dwelms vir die afgelope 4 jaar.
18.) Sal jy aanklop vir “hulp” as jy nou weer moet relaps?
Defnetief sal ek vir hulp vrae as ek nou weer moet relapse.
19.)Wat kan jy vir ander jong mense se om te help, dat hulle nie verslawende gewoontes aanleer nie?
Kies jou vriende reg en moet nie nuuskurig wees oor dwelms nie. Daar is n tyd en plek vir alles.
20.)Is jy spyt oor enige besluit of keuse wat jy in jou verlede gemaak het, of sien jy dit as ‘n leerskool om nie dieselfde fout weer te maak nie?

In my opinie,alles wat mens doen in die lewe is n leerskool. Dit gaan letterlik net oor hoe jy dit as mens wil hanteer. 

No comments:

Post a Comment