Friday 9 September 2016

Die lewe as gestremde....

Wat is jou naam, van en ouderdom?
Amorѐ Viljoen,18
Vertel my bietjie meer oor jouself, waarvan jy hou, jou stokperdjies ens.
My naam is Amorѐ,ek is  18 en ek verjaar op die 20 November. My gunsteling kos is slaai en tuna pasta en om te drink - sap of water. Ek bly nog by my ouers. Ons is vyf kinders. My gunsteling  kleure is pers,swart + blou.
My stokperdjies is swem, blog, oefening(Fitness), inkleur, stap.
Wat se tipe gestremdheid het jy?
Machado Joseph Sindroom.
Op watter ouderdom het jy hierdie gestremdheid gekry en hoe?
Op die ouderdom van 4, die duiwel het kom steel. Die dokters weet nie wat die oorsaak is nie.
Hoe behandel jou vriende en familie jou en aanvaar hulle jou soos jy is?
Familie behandel my soos n “normale” kind. Vriende aanvaar my maar soms as ek goed nie verstaan nie dan raak hul geirriteerd met  my.
Hoe behandel  vreemde mense jou?
Ek hou nie baie daarvan om by vreemdes te wees nie. As ek in die winkels loop dan staar al die mense vir my omdat ek anders loop en “zic-zac” loop.
Veroorsaak jou tipe gestremindheid dat jy permanent hulp nodig het?
Nie altyd nie, net met party goed.
Hoe voel jy daaroor om nou van hulp afhanklik te wees,waar dit  vroeёr  nie nodig was nie?
Ek voel so moedeloos en frustreerd van wat ek  kon doen en nou nie  meer kan doen nie. Ek sal dit altyd mis.
Hoe voel jy oor dit wat jy vroeёr  kon doen en nou nie meer kan doen nie?(bv.kuns , sport ens)
Ek kyk na mense wat sport doen(Netbal,Hokkie,Gimnastiek) ens. en ek mis dit en ek wens ek kon dit nog doen.
Het jy ‘n “plaasvervanger”  belangstelling  of  “hobby” gekry in die plek van die dinge wat jy  nie meer kan doen nie?
Ek dink mens kry eintlik nooit n plaasvervanger vir die goed wat jy vir die liefste was om te doen nie, maar ja ek hou baie daarvan om op my blog te werk, swem, tv te kyk, te oefen ens.
Hoe voel jy oor jou gestremdheid?
Ek het dit vir nou aanvaar, maar ek verwag eendag beslis die GROOTSTE wonderwerk  van my lewe! Ek weet dat God n “purpose en n destiny” vir my lewe het. My motto is “If it ain’t difficult, it ain’t worth it”!!
Watter woord beskryf jou gevoel die beste ten opsigte van jou gestremdheid? (kwaad, hartseer, aanvaarding, uitdaging, ens)
Kwaad, gefrustrreerd, moedeloos en uitdaging.
Wat het jy oor jouself  geleer wat jy andersins nooit sou leer as jy nie gestrem was nie?
Dat ek nooit moet opgee nie want die Here sal nooit iets oor my pad stuur wat ek nie kan maak nie en dat mense jou sal aanvaar al het jy n gebrek, dit maak nie saak hoe jy lyk nie of hoe jy loop nie, dit maak saak wat in jou hart aangaan.
Het jy hoop om genees te word van jou gestremdheid/siekte?
Ja.
Glo jy dat daar dalk ‘n groter doel is met jou  gestremdheid as net bloot die feit dat jy nou nie meer “normal” kan funksioneer nie?
Beslis Ja!Ek glo my gestremdheid inspireer ander gestremdeses self nie gestremdes.
As jy “ja” geantwoord het op bg vraag, wat is volgens jou die doel daarvan…….?
Ek was al tussen ander “normale” tieners wat vir my gesê het die manier hoe ek dinge aanpak het hul gemotiveer om meer positief na die lewe te kyk.
Glo jy dat jou lewe as gestremde dalk vir ander (gestremd of nie-gestremd) ‘n inspirasie kan wees?
Ja want as ek as gestremde my GAT af sukel om te loop, skyf, eet ens. dan kan normales dit mos beter doen.


What is your name and age?

Amorѐ Viljoen 18
Tell me a little about yourself, what you like, your hobbies etc.
My name is Amorѐ, I'm 18 and my birthday on 20 November. My favourite food is salad and tuna, pasta and to drink - juice or water. I stay with my parents. We are five children. My favourite colours are purple, black + blue.
My hobbies are swimming, blogging, exercise (Fitness), colouring, walking.
What kind of disability do you have?
Machado Joseph Syndrome.
At what age did you get this disability and how?
At the age of 4, the devil came to steal. The doctors do not know what the cause is.
How do your friends and family treat you and do they accept you as you are?
My family treated me like a "normal" child. Friends accept me but sometimes I know that I touch the wrong buttons which can annoy them.
How treat strangers you?
I do not like it to be with strangers. When I'm in the shops it feels as if all the people are staring at me because I walk differently "Zic zac".
Do you need permanent help because of your disability?
Not always, just with some things.
How do you feel about being dependent on helping aids, where you did not need it a few years ago or even a year ago?
I feel so discouraged and frustrated by what I could do then and not do anymore. I miss it all.
How do you feel about what you could do previous years and not do anymore? (like art, sports, etc.)
I look at people who do sports (Netball, Hockey, Gymnastics) etc. I miss it and I wish I could still do it.
Do you have a "substitute" interest or "hobby" in the place of the things you cannot do more?
I think you do not really ever get a substitute for the things you loved to do, but yes I like to work on my blog, swimming, watching TV, exercise etc.
How do you feel about your disability?
I accept it for now, but I expect the LARGEST miracle of my life one day, I know that God has a "purpose and a destiny" for my life. My motto is "If it is not difficult, it is not worth doing it"!!
How do you best describes your feelings regarding your disability? (Angry, sad, acceptance, challenge, etc.)
Angry, frustrated, despair and defiance.
What have you learned about yourself that you otherwise would never have learned if you were not disabled?
That I should never give up because God will never send something my way that I cannot overcome with His help and that people will accept me even if I lack some skills, it does not matter what you look like or how you walk, it matters what is going on in your heart.
Do you hope to be cured of your disability / illness?
Yes.
Do you believe there may be a higher purpose to your disability as merely the fact that you cannot function no longer "normal"?
Definitely Yes! I believe my disability inspire other disabled people.
If you answered "yes" on the above question, what do you think is the purpose.......?
I've been between "normal" teenagers who told me they have been motivated to look more positively at life.
Do you believe that your life as a disabled person may for other (disabled or non-disabled) be an inspiration?
Yes because if I as a disabled person really struggles to walk, drive, eat etc. then normal people can do that much better.

No comments:

Post a Comment