Tuesday 6 September 2016

Die lewe as gestremde....

In hierdie volgende paar posts doen ek onderhoude met gestremde mense en hoe dit voel om n gebrek te he....

Wat is jou naam, van en ouderdom?
Juanita Pienaar en ek is 18 jaar oud, amper 19.
Vertel my bietjie meer oor jouself, waarvan jy hou, jou stokperdjies ens.
My naam beteken Gift of God. Ek was 8 jaar terug in ‘n motorfietsongeluk. Ek hou van sport. Mosaïke is my stokpertjie. En God is my alles.
Wat se tipe gestremdheid het jy?
Ek is Hemipleeg, aan my linker kant en ek het korttermyn gehue verlies.
Op watter ouderdom het jy hierdie gestremdheid gekry en hoe?
10 jaar oud. En ek was in ‘n motorfietsongeluk, saam met my pa
Hoe behandel jou vriende en familie jou en aanvaar hulle jou soos jy is?
Hulle aanvaar my soos ek is, want hulle is ware vriende en my familie het my waarlik lief.
Hoe behandel  vreemde mense jou?
Sommiges vind dit vreemd, maar solank mense Jesus deur my kan sien en ek God se boodskap in my lewe kan wys
Veroorsaak jou tipe gestremdheid dat jy permanent hulp nodig het?
Nee, sekere dinge kan ek op my eie doen, as ek nie al twee hande nodig het nie. En party dinnge het ek met tyd leer self doen
Hoe voel jy daaroor om nou van hulp afhanklik te wees,waar dit  vroeёr  nie nodig was nie?
Ek het dit aanvaar, want Jesus het dit toegelaat en solank ek binne God se Wil lewe, weet ek, ek sal eendag, die ewige lewe, hê.
Hoe voel jy oor dit wat jy vroeёr  kon doen en nou nie meer kan doen nie?(bv.kuns , sport ens)
Ek mis dit somtyds, maar dis hoe ek God se lig in my lewe kan skyn.
Het jy ‘n “plaasvervanger”  belangstelling  of  “hobby” gekry in die plek van die dinge wat jy  nie meer kan doen nie?
In die verlede het ek sport as my “hobby” gehad. Maar ek het seer gekry. En solank ek Jesus se lig kan skyn, is ek “happy”
Hoe voel jy oor jou gestremdheid?
Ek het dit aanvaar, want God gee my elke dag, die krag om die werk wat Hy vir my gee. En toe ek in die ongeluk was, het die mense gesê: Ek sou dit nie gemaak het nie, maar God  hou die sleutel van dood en lewe in Sy hand. En Hy is ALMAGTIG.
Watter woord beskryf jou gevoel die beste ten opsigte van jou gestremdheid? (kwaad, hartseer, aanvaarding, uitdaging, ens)
Liefde
Wat het jy oor jouself  geleer wat jy andersins nooit sou leer as jy nie gestrem was nie?
Ek sou nie God so goed geken het nie.
Het jy hoop om genees te word van jou gestremdheid/siekte?
Ek WEET, dat ek in die lewe hiernamals ‘n Volmaakte liggaam gaan hê. God sê in Sy woord dat hierdie lewe wat ons nou het, net ‘n gedeelte is van die Hiernamals.
Glo jy dat daar dalk ‘n groter doel is met jou  gestremdheid as net bloot die feit dat jy nou nie meer “normal” kan funksioneer nie?
Ja
As jy “ja” geantwoord het op bg vraag, wat is volgens jou die doel daarvan…….?
God het na die ongeluk 4 skifte vir my ma gegee. Jak 1:2 +3 en 1 Pet 1:6 +7. En ek weet God is in beheer
Glo jy dat jou lewe as gestremde dalk vir ander (gestremd of nie-gestremd) ‘n inspirasie kan wees?

Ja, solank ek die werk van God doen, het ek al die vreugde in my lewe ontvang.

No comments:

Post a Comment