Thursday 23 April 2015

My storie..

My naam is Ava Sothmann en ek is in Nuwe Hoop Skool(n skool vir fiesise en leer gestremde leerders).

Ek is gebore op 15 Augustus 1998 in Pretoria Oos hospitaal as n dood gewone babba.Op die ouderdom van  5 jaar oud is ek gediagnoseer met n siekte  wat veroorsaak het dat my serebelm krimp wat veroorsaak dat ek nie belans het nie wat nie eers die dokters geweet het hoekom nie?My Ma is oorlede aan borskanker in 2007,toe ek 8 jaar oud was...dit was baie hartseer vir my,my Pa en my boetie!Toe ek jonger was moes ek elke jaar vir MRI scans gegaan het,nou moet ek elke 2de jaar gaan.My ouma het by ons kom bly.My Pa het toe in 2009 met 'n  wonderlike vrou getrou met die naam Germien,ek het baie van haar en haar  3 kinders gehou.Dis baie moeilik vir my want ek loop rond en dan spot party mense my maar ek sal nie dat dit my onder kry nie want ek is 'n VEGTER en  'n oorwinaar..soms vra ek net vir God HEKOM EK maar ek sal nie ophou glo nie want ek weet daars n lewende God wat wonderwerke doen en Hy kan iets vir  my ook doen!!


Ek vra partykeer vir God HOE KAN HY DIT TOELAAT AS HY LIEF IS VIR MY??Ek weet nie hoe my storie gaan eindig nie maar ek weet die Here het n plan met my lewe...

No comments:

Post a Comment