Wednesday 13 May 2015

3 Dinge wat van jou 'n BOELIE maak

Daar is n problem met boelies reg oor die wereld, maar meestal in skole en ek is n slagoffer van boeliery in my skool waar  die kinders my spot oor my gebrek...

In my skool is daar baie boelies maar hulle boelie jou nie fisies nie, maar met die mond...en dit is soms veel erger!

Kinders sê die lelikste goed  en kan soms baie wreed wees.......
Party middae kom ek by die huis,  dan wil ek net huil, omdat die kinders vir my die lelikste name noem!

Ek het 'n balans probleem a.g.v. my serebellum wat krimp. Dit veroorsaak dat ek moeilik loop....! As hulle my sien, sê hulle goed soos "ag nee hier kom die dronk tor weer" of hulle vra "hoeveel vodka het ek die vorige aand gedrink" of "kyk sy is weer gesuip......" Sommiges noem my "dronkie van die skool" Nou ja, julle wonder seker wat ek dan sê........  Wel, ek stap  maar net weg met my "dronk stappie" Dit maak nie saak wat mense van my dink of sê nie, ek weet wie ek is! Ek het al geleer dat Boelies meestal soveel seer in hul eie lewens het en daarom maak hul ander seer.....!Dit verskoon egter nie hul swak gedrag nie, maar dit maak dit ten minste makliker vir my om te verstaan....

Ek vertel die goed vir my Ma en Pa, maar dit verander nie regtig die situasie nie, behalwe dat hulle my probeer leer hoe om die situasie te hanteeer! Moet sê, ek het veral al geleer wat dit beteken om 70 x 70 keer 'n dag te vergewe......!

Wat die Boelies nie weet nie, is dat ek wag vir my WONDERWERK!! Want eendag is eendag,
dan gaan ek gesond wees en dan sal hullle, hulle woorde moet sluk.........



Hierdie stelling is nie waar nie, want jou lyf se kneusplekke kan genees, maar jou hart, woorde, bly altyd in jou hart!!


3 Dinge wat van jou 'n BOELIE maak:
  • Het jy al ooit met iemand 'n grappie gemaak sonder om te dink dat jy eindelik besig is om iemand seer te maak?? Ek het slegte nuus vir jou  - DAN IS JY 'n BOELIE!
  • Was jy al baie kwaad vir iemand en het jy al goed gesê wat jy na die tyd graag wou terug trek? Ek het nuus vir jou: Sit 'n wag voor jou mond, want jy kan nie woorde terug neem nie - kyk gerus my video.
  • Dink jy soms jy kan beter oor jouself voel as jy ander mense op hulle foute wys? NEWS BREAK! BOELIE ALERT!!! As jy op ander mense trap of hulle afbreek, sodat jou foute minder sigbaar is dan is jy 'n BOELIE! 
Kyk gerus na my video en "Subscribe" asseblief op YouTube "channel" sodat jy my kan volg.

No comments:

Post a Comment