Sunday, 7 August 2016

Dinge wat jy moet weet oor....FIKSHEID

Hier is paar belangrike dinge wat jy moet weet oor fiksheid!

1.)Nie net oefen dit jou lyf,maar dit oefen jou brein ook.
Fiksheid verhoog energie vlakke en verhoog serotonien(n Voorbeeld van n neurotransmitter,n chemiese bootskap wat rondgegooi word tessun senuwee selle) in die brein.Soos die spreukwoord sệ,n gesonde liggaam huisves n gesonde gees!
2.)Fiksheid maak stres minder.
Oefening produseer n ontspaninge reaksie wat n positiewe gevoel gee.
3.)Oefening gee jou meer energie.
Wanneer jy oefen word daar endorfiene in jou bloedstroom vrygestel wat veroorsaak dat jy in n “feel good mode” is  en vol energie is vir die dag.
4.)Dis nie so moeilik om tyd te maak vir fiksheid nie.
Die sleutel is om jou tyd wys  te gebruik,dink so daaraan,gooi twee voёls raak met een klip.Vat(loop) jou kinders parkie toe om hulle fietse te gaan ry,dan kry jy sommer fisiese  oefening in en jy spandeer tyd saam jou gesin.
5.)Fiksheid kan jou ook help om verhouding te bou.
Skeduleer n oefensessie saam jou familielede,vriende of vriendinne en dan bou jy dieselfde tyd verhouding.
6.) Fiksheid laat jou hart vinniger klop.
Hoe meer jou lyf beweeg,hoe vinniger klop jou hart.
7.)Oefening hou jou jonk.
Oefening hou jou lyf mooi jonk en gesond, as jy oefen sal jy nie sommer hart proebleme kry nie.
8.)Eetgewoontes.
Hulle sệ mos “You are what you eat” en dit is so waar!Jy kan nie verwag om gewig  te verloor as jy alles eet wat jou oё sien nie!!(bv. inplaas van 3 glasse gaskoeldrank n dag of n week, drink water en inplaas daarvan om groot porsies kos te eet, eet kleinner porsies) ek  kan jou belowe jy gaan nogsteeds versadig wees!LUISTER NA JOU LYF!!
9.)Om gewig te verloor is nie die belangrikste ding nie.
Jy kan baie gewig verloor en nogsteeds nie gesond wees nie maar jy kan regte oefeninge doen, gesond wees en die  regte hoeveelheid gewig verloor??

Tuesday, 3 May 2016

`n Venster na my hart...

My naam is Ava Sothmann.Ek is 17 jaar oud en ek is gebore op die 15 Aug 1998 in Pretoria Oos Hospitaal.

Toe ek 5 jaar oud was,was ek gediagnoseer  met ‘n  baie skaars sindroom,die Machado Joseph Sindroom(MJD).Dit is ‘n sindroom waar jou Serebellum krimp en waar jy spesifieke simptome kry(as jy my vorige blog gelees het,sal jy weet wat al die simptome is).Die simptome wat ek beleef is: Stadig swakheid van bene en arms,soms  geblurde visie, ongekoördineerde loop, stadige en verwarde spraak, stadige oë beweging, erge attaksies(soms is dit baie erg,soms is dit beter, stadige geheue verlies,sukkel met aandag,sukkel  met my belans en met die fyn werking van fyn goed.
Dit is vir my baie moeilik om hierdie te aanvaar want in die verlede kon ek alle sportsoorte doen soos netbal,hokkie,ballet,gimnastiek,versping ens. en toe moes ek net stop en ek het nie regtig verstaan hoekom nie.
As ‘n kind het ek baie trauma beleef.’n Rukkie nadat ek gediagnoseer is met die sindroom, is my Ma gediagnoseer met borskanker.Toe my Ma gediagnoseer is met kanker,het my ouma vir ‘n rukkie hier by my,my boetie en my Pa kom bly.
Ek was te deurmekaar  en te klein om te te verstaan wat aan gaan.So twee  jaar wat my ouma by ons gebly het,was my Ma oorlede.Dit was vir my baie erg,dit het vir my gevoel of ek my beste vriend verloor het en ek kon nie verstaan hoekom dit met ons gebeur nie!!Ek het nie oor my pyn gepraat nie,my ouma het my baie gevra “hoekom huil jy nooit oor mamma nie?” en ek het gesệ “want ek moet  sterk wees vir pappa en vir boeta,want as hulle sien ek is hartseer,dan maak ek hulle nog meer hartseer”.Ek mis my Ma nou nog baie,soms voel dit vir my of niemand in die wệreld my so goed kan verstaan soos sy het nie!!

Partykeer voel ek of ek my kop onder die komberse wil indruk en nooit weer uitkom nie!!!Maar ek kan vir jou sệ dat alles raak met tyd beter,die pyn gaan nooit  weg nie maar dit raak definitief beter!!


My name is Ava Sothmann. I am 17 years old and I was born on 15 August 1998 in Pretoria East Hospital.
When I was 5 years old, I was diagnosed with a very rare syndrome, the Machado Joseph Syndrome (MJS).  It is a syndrome that shrinks your Cerebellum with specific symptoms (if you've read my previous blog, you will know all the symptoms).  The symptoms I'm experiencing:  slow weakness of arms and legs, sometimes blurred vision, uncoordinated walking, slow and slurred speech, slow eye movements, severe ataxia (sometimes it's really tough, sometimes better, slow memory loss, difficulty paying attention, difficulty with my balance and the fine performance of fine motor skills.
It is very difficult for me to accept this because in the past I could do all sports like netball, hockey, ballet, gymnastics, long jump etc. and then I had to stop all my sport and I did not really understand why.
As a child I had great trauma. A While after I was diagnosed with the syndrome, my mother were diagnosed with breast cancer. When my Mother got breast cancer, my grandmother came to stay with us for a while.
I was too small and too confused to understand what was going on. So for two years my grandmother stayed with us.  It seemed as if I had lost my best friend, I could not understand why these bad things had happen to us!!  I did not want to feel my pain, my grandmother asked me many times why I never cry about my mom. I answered "because I have to be strong for dad and boeta, because if they see I'm sad, then I make them even sadder".  I miss my mom so much now, sometimes I feel as if nobody in the world can understand me as well as she did!!

Sometimes I feel as if I just want to put my head under the covers and never come out again!!! But I can tell you that everything becomes better with time, the pain never goes away but it becomes definitely better!!


Monday, 18 April 2016

Machado Joseph Sindroom...

Machado Joseph Sindroom(MJD) is n siekte wat nie baie voorkom nie!

Daar is vyf dele van die brein.....
Serebrum
Serebellum
Brein Stem
Pituïtêre Hipofisie
Hipotalamus

MJD is vir die eerste keer ontdek in 1972.Machado Joseph Sindroom is vernoem na 2 persone, William Machado en Antone Joseph.
Die Serebrum is die grootste deel van die brein.Die Serebrum is 85% van die brein se gewig en beheer al jou denke en jou drome,jy kan nie sonder jou Serebrum nie!Jou geheue woon in jou Serebrum en as jy breinskade het gan jy natuurlik probleme met jou geheue hệ.Serebellum is die Latynsewoord vir "klein brein" en is die mees herkenbaarste deel van die brein as gevolg van die vorm en die plaasing.Die Serebellum is reg onder die Serebrum,heel agter in die kop,amper half weggesteek.Die Serebellum beheer dus spierspanning ten alle tye.Die Serebellum doen die meeste werk in jou brein omdat dit al jou bewegings beheer,dit is ook verantwoordelik vir al jou sintuie.Die Purkinje sel is n groot neuron met baie vertakkings wat gevind is in die korteks van die Serebellum.Hierdie sel is vir die eerste keer ontdek in 1837 deur Tsjeggiese fisioloog Jan Evangelista Purkinje.Die awesigheid van die Purkinje sel veroorsaak die Serebellum se krimping.Die Serebellum is baie belangrik vir alledaagse vrywillige take soos loop,skryf,hartloop ens.Dit is ook belangrik om in staat te bly van n gebalanseerde en regop posissie/postuur/liggaam.Die Serebellum speel n groot rol in die motoriese beheer van die liggaam.Dit is belangrik vir regte spierkoördinasie. Die Serebellum is betrokke by sommige kognitiewe funksies soos aandag,spraak en in die regulering van vrees en plesier antwoorde. Pasiënte  wat skading tot die Serebellum het,sukkel om hulle belans te hou en sukkel met  behoorlike spierkoördinasie. Serebellaire skade veroorsaak versteuring van fyn beweging,balans,postuur en motoriese leer. Machado Joseph sindoom(MJD) of Spinoserebellar ataksie tipe 3(SCA3) is n baie skaarse sindroom.1 uit baie mense het hierdie sindroom. Hierdie siekte word geken deur stadige onhandige beweging,swakheid van arms en bene,verwaring van dronkheid,dubbule visie,spraak,sluk ens. Byna alle individue met die MJD sindroom ervaar  visie probleme, insluitend dubbele visie of dowwe visie, verlies van die vermoë om kleure of kontras te onderskei en onvermoë om oogbewegings te beheer.MJD sindroom is ongeneesbaar,maar sommige simtome kan behandel word.Moeilikke spraak en sluk kan behandel word met medikasie en spraakterapie,probleme met arms en bene kan behandel word met fisioterapie,fisiese hulpmiddels soos loopers en rolstoele kan help met alledaagse aktiwiteite. Spastisiteit kan verminder word met krampstillend dwelms, soos Baclofen.

Funksies van die Klein Brein…
•             Hou jou belans en postuur in beheer
•             Koördinasie van vrywillige beweging
•             Motoriese leer
•             Kognitiewe Funksie

Hoe vermoed jy jou serebellum krimp?
•             ‘n Heen en weer bewegende liggaam
•             Ongekoördineerde bewegings van die arms en bene
•             Stadige en verwarde spraak
•             Nystagmus(Stadige oё beweging)
•             Moelike sluk
•             Debbule visie
•             Ongewone oogbewegings
•             Stadig progressiewe lompheid

Moontlike redes hoekom jou serebelluum krimp..
•             Kopwonde(bv.n rowwe kar ongeluk, val van die bed af op jou kop of stamp jou kop teen n harde struktuur ens)
•             Beroertes
•             Kortstondige iskemiese aanval (TIA)
•             Serebrale gestremdheid
•             Veelvuldige sklerose(MS)
•             Waterpokkies
•             Paraneoplastiese sindrome
•             Brein gewas
•             Vitamien E of vitamien B12-tekort

Simptome van MJD

o             Swakheid van bene en arms
o             Nystagmus(Stadige oё  beweging)
o             Kort geheue
o             Spastisiteit
o             Gereelde urinering
o             Stadig progressiewe lompheid
o             Geblurde visie
o             Attaksies
o             Debbule visie
o             Ongekoördineerde loop
o             Stadige en verwarde spraak

Diagnose
MJD kan gediagnoseer word deur die erkenning van die simptome en die kyk van familiegeskiedenis  of deur n MRI te doen en uit te vind.
Simptome verskil van mens tot mens

Klassifikasies van MJD…
Daar is verskillende sub-tipes van MJD…
•             Tipe I : word gekenmerk deur tussen die ouderdomme van 10 en 30 en word verteenwoordig met 13% individue.
•             Tipe II : Dit is die mees algemene sub-tipe met die ouderdomme van 20 en 50(verteenwoordig 57% individue).
•             Tipe III : Stadige vordering,tussen die ouderdom van 40 en 70(verteenwoordig 30% individue)
•             Tipe IV : word gekenmerk deur Parkinson simptome wat besonder goed gereageer het op levodopa behandeling.
•             Tipe V : Oorerflike Spastiese Paraplegie

Is dit geneesbaar?

Nee… but with God anything is possible!!

Wednesday, 6 April 2016

Ava se 2weke oefen program...




 Oefendae
 Oefeninge
Drink baie
 Maandag
 Weights(20 elke arm en 20 albei saam)

Keit oefeninge(20 elke been en 20 saam)

Sqauts(20)
Herhaal 3 keer en as jy nog nie moeg is nie,trap trapfiets vir 20min
water
 Dinsdag
 Strek oefeninge
water
 Woensdag
 Bruggie(30 sek)
Plankie/leg raises(30 sek)
Push ups(Tot jy moeg is)
Herhaal 4 keer
water
 Donderdag
Rus
water
 Vrydag
Trap trapfiets vir 20 min
Weights(20 elke arm,20 altwee arms gelyk)
Crunches(40)

water

Monday, 14 March 2016

Bejaardes kan baat by oefening...

Gesondheid is ‘n normale toestand wat ons van God gekry het, jy word daarmee gebore, wel 98% mense.  Dit is dus nie jou plig om dit te verkry nie maar wel om dit te behou.  Jy is so jonk soos jou rugraat.  Joseph Pilates.

Joseph Pilatus  het tydens die eerste wêreld oorlog geleef en was teen die tyd dat die oorlog uitbreek ‘n groot sportman met baie medaljes in sy kas.  Hy is gevange geneem maar het nie in sak en as gesit nie, hy het begin om sy mede gevangenis en veral die beseerdes te help om te herstel en fiks te word.  Tydens die tyd het die groot grieppandemie ook wêreldwyd uitgebreek.  Die verstommendste bevindings wat die mediese wereld toe gemaak het is dat terwyl plus minus 50miljoen mense gesterf het was daar nie ‘n enkele sterfgeval in Pilatus se kamp nie.  Die rede volgens medici – hul fiksheid. 
Oefening help ook vir soepelheid en ‘n goeie postuur en ‘n goeie postuur het baie voordele.  Dit is die perfekte  wyse om rugpyn te verhoed.  Jou rugraat die 33 benerige segmente wat werwels genoem word en is die liggaam se fondament.  Dis die werwelkolom wat jou instaat stel om  regop te staan.  Dit beskerm ook die rugmurg en  spiere en liggamente  word daar aan jou rug verbind en dien as lasdraer, maar dit laat soepelheid van beweging toe sodat jy nie stokstyf’ soos ‘n zombie loop nie.  Die geheim van ‘n goeie postuur is  lê  in soepel spiere.  Maagspiere is baie belangrik want dit neem baie druk weg van die rugspiere.  So hoe minder jou spiere gebruik word hoe korter en stywer raak hulle.  Hoe meer jy sit hoe moeiliker staan jy later op en hoe moeiliker beweeg jy.  Onthou die mens is nie geskape om die grootste deel van die dag te sit of te lê nie maar om die grootste deel van die dag te beweeg. Die oer mense het gejag en van plek tot plek getrek en beweeg.  Die moderne mens word op presies dieselfde manier geskape so ons moet ook meer beweeg.  Kyk maar na die Japanese wat van die gesondste mense op aarde is, hulle beweeg baie, selfs die ou ou mense, So ook die Russiese mense wat veral in die berge woonagtig is.



Die volgende problem is gediagnoseer by persone wat baie sit. 
•          Asemhaling
•          Borspyne
•          Kolon en oe problem
•          Rug, nek en skouer pyne
•          Dit is ook gelink met groter kanker risiko’s
•          Vergroot kans tot tipe II diabetes
Dit is met soepelheid dat Joga en Pilatus oefeninge geweldig baie help.  Baie van ons mense glo joga is uit die bose net omdat dit ontstaan het in die ooste.  Maar, baie van die oefeninge wat ons as skoolkinders in die L O klasse gedoen het is joga oefeninge.  Joga is pleinweg gestel strekoefeninge, vir die gevorderde jogi’s is die strekke net meer kompleks maar bly net strek oefeninge.  Dit is strekoefeninge wat jou spiere soepel hou sodat jy nie so maklik val nie en as jy struikel die impak verlig.

Net ‘n paar idees om julle aan die gang te kry.
Begin die dag  gebalanseerd en sommer met ‘n lekker gevoel.  As jy wakker word  maar voor jy opstaan sit regop  strek lekker en haal ‘n paar keer lekker diep asem.  Diep in en lank uit.  In vir 6 tellings en uit vir 8 tellings, maar maak seker dat tussen die in en uit ‘n verposing van 2sekondes is.  Asemhaling is van kardinalebelang vir die mens se gesonheid en ons haal almal heeltemal te vlak asem.  Met die gevolg ons kry nie genoeg suurstof in nie, wat weer tot gevolg het dat ons heeltyd moeg en pap voel en ons breine nie optimaal funksioneer nie.   Fleks en punt die voete asook die hande en rol  en sirkel voete en hande ook. Staan nou op sodat jy nou jou skelet  in lyn kan bring  (onthou om dit stadig te doen).  Staan regop met voete reguit na vore sodat enkels, kniee en heupe in lyn is, en maak seker jou ore is reg bo jou skouers.  Korrekte manier van staan.  Hierdie manier verlig baie spanning en las van jou rug en heupe,  en jy word nie so gou moeg as jy in ‘n lang tou moet staan en wag nie.

•          Volle verlenging van ruggraat –   strek arms na kante (druk die muur weg)  hou ‘n paar telling en alstrekkende beweeg arms na voor  dan weer strek arms na bo en hande gefleks (palms wys na plafon) strek so ver moontlik na bo. (hou ‘n paar telling in possisie)  Laat sak arms langs sye.
•          Sywaartse buigings   (gewoon of 3 punt strek
•          Kop en nek oefening – kyk op en af ‘n paar maal dan, draai kop stadig borslangs sodat jy oor die regterskouer kyk draai kop terug na middel en herhaal na linkerkant
•          Buig ruggraat voorentoe – staan en krul jou rug werwel vir werwel  vooroor terwyl jy  jou kop en arms vloer toe laat val. Hou posisie vir ‘n paar tellings en krul weer werwel vir werwel na begin posisie
•          Hiperverlenging van die ruggraat.  Plaas jou hande op jou heupe en leun baie versigtig  agteroor.  Hou jou bekken ingetrek.  Kan ook warrior pose doen.

Nou is jy reg om die dag te begin hoewel nie die einde van die bewegings vir die dag  nie.  Stap is seker een van die beste en tog ook die goedkoopste oefening wat jy kan kry en is  nog lekkerder as jy dit saam met ‘n vriend/vriendin doen.  As jy nou gaan sê maar die winters is te koud is dit nie ‘n verskoning nie.  Mens moet sonskyn op jou vel kry want dit is ‘n bron van vitamine D en dit voorkom winterdepressie. Daar is nog ‘n manier om oefening in te kry,  jy kan selfs oefening kry deur op ‘n stoel te sit en te oefen.  ‘n paar voorbeelde:
Maagspieroefeninge
Sit altyd regop met jou maag ingetrek.
1a.     Sit op punt van stoel, hande hou stoel vas reg langs heupe, bene na voor uitgestrek en trek hulle dan op na die maag
  b.      Sit op stoel,  tel bene op en maak oop en toe
  c.       Tel been entjie van stoel op (maag ingetrek) vanaf knie maak been reguit en dan terug
  d.      Selfde posisie, terwyl been gelig en reguit is fleks en punt voete en sirkel enkels
  e.       Plaas een been op ander been se knie en druk knie liggies af na grond, dan, neem voet en knie in hande en trek na bors. Plaas voet terug op knie en plaas hande agte kop, draai lyf effens na knie en strek af sodat elemboog amper die knie raak.   (oorkruis beweging – regter elmboog raak linker knie)
Oefening 3 tot 5 word agtermekaar gedoen dan word bene geruil.
  2.      Tricep dipoefening
Sit regop en vou hande saam in gebeds posisie maar borshoogte .  Druk die palms nou styf teen mekaar vir 10 tellings, dan weer kort drukkies 10x  en herhaal weer.
  3.      Spinal twist
Prentresultaat vir spinal twist
Staan agter stoel lig een been, onderbeen hang af en beweeg die been na kant (heup oefening) net been beweeg heup en lyf bly in posisie

Voordele van oefening.
•          Sorg vir energie en meer lewenskrag
•          Help vir stywe gewrigte
•          Help om bloeddruk laer te hou en goed vir bloedsomloop.
•          Goed vir die hart selfs persone met hartprobleme kan stadig en klein entjies op ‘n slag stap.
•          Goed vir asma  (Jonty Rhodes)
•          Help vir hardlywigheid (wat ‘n probleem is as jy ouer raak juis omdat jy dan minder beweeg)  Oefening help dat kos vinniger en makliker deur die dermkanaal beweeg.  Maar onthou ook om genoeg water te drink.
•          Help vir osteoperose – oefening versterk en bou bene. 
•          Oefening help jou om meer suurstof te in wat op sy beurt goed is vir jou hart,  brein en organe. Die liggaam het suurstof nodig om optimal te funksioneerWanneer selbouende stuurstof deur are stroom verbeter dit bloedsirkulasie en verminder pyn en spanning.
•          Oefening laat jou dieper asemhaal wat  goed vir stress, dit  laat jou meer ontspanne voel wat ook weer help dat jy makliker slaap en beter rus inkry.
•          Oefening stel die hormoon serotenien vry ook genoem die goedvoel hormoon.  So dit help ook teen depressie.
Daar is geen nadele van oefening nie net hope voordele.  Daar is mos ‘n spreekwoord wat sê dat ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.  Dit is ons plig om ons liggame op te pas, dit is immers ‘n tempel van God.
Joseph Pilates is in Duitsland gebore en was ‘n sieklike kind.  Hy was egter vasberade om sy  kwale te oorwin en liggaamlike toestand te verbeter.  Hy was later ‘n vaardige skier, bokser, liggaamsbouer en swemmer.  Tydens die eerste wêreld oorlog is hy geinterneer.  Hy het toe sy mede gevangenes asook die wagte gehelp om finks te bly en reg asem te haal.  Gedurende hierdie tyd het ‘n verwoestende griepepedemie miljoene lewens geëis.  In Pilates se kamp was daar wonderbaarlik genoeg, geen sterftes nie en dit word toegeskryf aan die fiksheid van die inwoners.

REGSTEL VAN VERKEERDE LIGGAAMSHOUDING.

•          Bene:  Staan voor ‘n vollengte spiel met voete heupwydte uitmekaar, voete parralel, bobeenspiere gespan, knieë  reguit maar nie na agter gedruk nie.
•          Voete:   Probeer om die knieskyf in lyn met die middel van die voet te hou en balanseer die liggaamsgewig eweredig op albei voete, sonder dat jou voete na binne of buite rol.

•          Neutrale bekken:  Plaas jou vingers op die heupbene en bring albei heupe inlyn met die skaambeen sodat hulle op dieselfde vlak is.  Die bekken moenie na voor of agter gekantel wees nie.
•          Torso:  stel jou voor hoe jy die onderste ribbes saggies na binne af na die heupe  trek.  Lig nou die borsbeen sonder om die pla
asing van die ribbekas te verander.
•          Kop en skouers:  span die ondertrapesiusspier en skuif die skouerblaaie  af in die rigting van die heupe.  Hou die  skouers gelyk sonder dat een hoër is as die ander.  Balanseer die kop reg bo-op die ruggraat sonder om dit na een kant te kantel en die voorkop effens voor die ken sodat die agterkant van die nek nie verkort word nie.  Vir die korrekte lyn moet die ore reg bo die skouers wees.
                   
LIGGAAMSHOUDING EN GEWRIGTE
Die spiere hou die liggaam  in sy natuurlike toestand wanneer die liggaam korrek in lyn gestel is.  As die verhouding  tussen die gewrigte  nie reg is wanneer jy beweeg nie veroorsaak dit onnodige stress en spierwanbalans.  Kry dus altyd die liggaam bewustelik korrek in lyn.  Daar is drie soorte gewrigte. Sommige onbeweeglik ander effens beweeglik en die wat vrylik kan beweeg.  Hulle is bedek met kraakbeen en word gesmeer met sinoviale  vloeistof.  Sonder smering kan osteo-arteritis  ontwikkel.  Beweging en oefening smeer die kraakbeen wat die gewrigte omring.  Alle gewrigte beinvloed mekaar.  As daar byvoorbeeld ‘n probleem met die heup is, kan die pyn dalk by die knie waargeneem word.  Dit staan bekend as verwysde pyn.  As die heup egter korrek in lyn is verdwyn die pyn.

VEROUDERING EN DIE RUGGRAAT
Wanneer ons ouer word, kan ons dikwels sien dat  een kant van die liggaam meer ontwikkel is as die ander kant, omdat daar nie balans is tussen die spiere voor die ruggraat en die daaragter nie.  Dit kan pyn en ongerief veroorsaak.

As jy te veel sit, word die maagspiere swakker.  Dit veroorsaak weer swak rugspiere en ‘n swak liggaamshouding wat ‘n negatiewe invloed op heupe, knieë enkels  het. 

Oormatige  herhaling van buigbewegings na voor, agter en die kant, sal die balans versteur en druk op die skywe van die wervelkolom plaas.  Die meeste mense se ruggraat is nie reguit nie.  Hoewel sekre kwale soos skoliose en kifose (boggelrug) nie maklik reggestel kan word nie, sal versterking van die spiere help om die stremming wat pyn veroorsaak te verlig.

BELANGRIKHEID VAN MAAGSPIERE
(Joseph Pilates het geglo dat die maagspiere die kragsentrum van die liggaam is)

Die  maagspiere  (abdominale spiere)  speel ‘n belangrike rol om die ruggraat regop te hou en die liggaam behoorlik bo die heupe  uit te lig.  Hulle loop horisontaal, vertical en diagonal om die buik  met ‘n spierlaag  bedek en vorm ‘n natuurlike korset.  Wanneer jy vooroor buig, stabiliseer hulle die rugraat van voor en trek in samewerking met die rugspiere saam.  Wanneer jy buig, verskaf die maagspiere die hidroulika vir presiese bewegings.  Die diepliggendste abdominale spier is die transverses abdominis wat die maagspiere saampers en die rug stabiliseer wanneer jy uitasem.  Met behoorlik ontwikkelde maagspiere kan rugprobleme verbeter word namate jou krag toeneem en jou middelylf sal ook beter lyk.

ASEMHALING
Miljoene mense  het nog nooit  die kuns van korrekte asemhaling aangeleer nie. (Joseph Pilates)

Die liggaam het suurstof nodig om optimal te funksioneer.  Wanneer selbouende suurstof deur die are stroom, verbeter dit bloedsirkulasie en verminder pyn en spanning.

Korrekte asemhaling laat spiere ontspan.  Met inaseming sit die ribbekas lateral uit en gaan die  diafragma boontoe om die lug uit te druk.  Tydens gedwonge uitaseming help die maagspiere met die proses.  Visualiseer hoe die naeltjie  met elke uitaseming dieper  na die ruggraat toe getrek word. 

In ons daaglikse lewe gebruik ons nie ons asemhaling effektief nie, maar  verbeterde asemhalingspatrone kan help om stress te verminder en stamina te verbeter.

Liggaamshouding het baie te doen met asemhaling.  Wanneer die torso regop is, is die ruggraat en spiere reg gebalanseer.  Die diafragma werk soos ‘n suier wat gebalanseerd gespan en ontspan word.  Die meeste mense haal te vlak asem en dit belemmer die behoorlike werking van die diafragma, en kan lei tot gesonheidsprobleme en ondoeltreffende werking van die maagspiere.  Asemhaling behels nie net voldoende inname van suurstof nie maar ook die effektiewe  verspreiding van daarvan.    Let wel:  

•          Moet nooit jou asem te lank inhou nie.
•          Moet nie skouers met uitaseming oplig nie
•          Haal ritmies asem.  Die asemhalingspatroon kan adagio (lank en stadig) of staccato (kort en vinnig) wees, nagelang van oefening

In die oggend, voor jy uit die bed klim, strek en rek die hele liggaam eers en haal ‘n paarkeer diep asem (asem in vir 6 tellings en asem uit vir 8 tellings).  Asemhaling soos die kan ook ‘n paarkeer ‘n dag gedoen word.  Jy sal wel later die voordele daarvan voel.

(Sekere dele is uittreksels uit “Pilates – Harmonieuse liggaamsbeheer” deur Patricia Lamond)

KRY JOU KERNSPIER GESOND
Sit jy  elke dag ure krom voor ‘n lessenaar,  werksbank, ‘n rekenaar of TV.  Dan oefen en strek jy tien teen een ook  nie gereeld jou spiere nie.  As dit so is, is jou arme spiere, waaronder jou maagspiere, taamlik swak, jou postuur is sleg en jy loop selfs die gevaar van rugpyn.  Maar daar is hoop.
Wat is my kern?
Die heel belangrikste  kernspier is die transverse abdominus (TA), die diepste spier van die buikwand.  Dit strek rondom die  die voorkant en die sye van die buikwand.  Dit is die spier wat eerste beweeg met enige aksie, daarom  is dit baie belangrik dat dit goed geoefen is.   Daar is nog spiere wat deel is van die “korset” en wat jou bekkengedeelte (heupe) met jou ribbes verbind om jou ruggraat te ondersteun en dit stabile te hou.  Maar die kernspier die TA is die belangrikste.
Hoekom is dit belangrik?
Elke keer as jy buig om iets op te tel, of wanneer jy jou lyf draai, het jou liggaam ‘n vaste punt nodig om die handeling te kan uitvoer.  Die punt is in baie gevalle die “korset” van spiere om jou rug.  As jy die spiere versterk het jy ‘n stabieler basis vir die handeling.  Hoe beter die toestand van jou kernspiere, hoe stabieler is jou ruggraat en hoe skraler  is die kans dat jy kwaai pyn sal ondervind as jy draai, buk of strek.  As jy aan sport deelneem, sal jy ook minder geneig wees om beserings op te doen.
Om alles te kroon help die kernspiere jou om regop te loop, jou postuur is beter en jy het laer risiko van rugpyn en beserings.  Sowat 80% van  Suid-Afrikaners ly in een of ander stadium van hull ewe aan rugpyn en dit hou meestal altyd  verband met swak kernspiere wat die rug onstabiel maak. 
So oefen daardie maagspiere sodat daar minder stremming op die rug is.