Monday, 5 September 2016

Seer mense....maak seer

Wat is seer?
Daar is baie dinge te sê oor seer en hoekom maak mense ander seer!
Mense maak gewoonlik ander seer omdat jy self seer het en van die seer ontslae  wil raak en wil hê iemand anders moet ook jou pyn voel. Die soort seer, kom nie van self reg nie.Jy moet gewoonlik vir berading of  terapie gaan.Emosionele seer is baie erger as fisiese seer, aangesien ʼn skraapplek of kneusplek na tyd verdwyn, maar die letsels in jou hart gaan nooit weg nie.

Moontlike redes hoekom mense seer maak
1.)    Hulle wat seer maak het gewoonlik stres en trauma
Almal reageer  verskillend op emosionele pyn (sommige van ons gebruik positiewe gedrag, soos meditasie, oefeninge en terapie en ander gebruik negatiewe gedrag, soos boelie, geweld, drank ens.) as dit by stres en trauma kom. Baie mense praat nie oor hul emosionele pyn nie, maar dit manifesteer op “verbloemde” maniere soos om die mense naaste aan hulle emosioneel af te knou. Baie keer as ʼn familielid of ʼn “close” vriend/vriendin doodgaan word jy blootgestel aan baie erge trauma. Meeste mense weet nie hoe om positief te reageer op stresvolle en traumatiese tye nie en hulle dink die enigste uitweg is om ander te boelie en emosioneel of fisies seer te maak.
2.)    Aggressiewe Gedrag
As daar aggressie by die huis gebruik word teenoor kinders, dink die kinders dit is hoe dit hanteer moet word en dan deel hul ook aggressie vir hulle naastes uit.
3.)    Hulle was hoofsaaklik in hulle kinderdae geboelie of selfs toe hulle volwasse was
Navorsing wys dat mense wat afgeknou was in hulle huise, omgewigns of skole twee of selfs 3 keer meer geneig is om ander mense emosioneel seer te maak.
4.)    Moeilike huislike omstandighede
Baie keer voel mense dat  hulle ouers nie genoeg tyd saam hulle deurgebring het nie en dat hul nie geliefd is nie en dan voel hul afgeskeep en verwerp. Of as die persone se ouers baie baklei kan dit ook die probleem by daardie persoon veroorsaak.
5.)    Verhoudings        
Mense voel altyd hulle vriendskappe en familiebande is baie veilig en hul weet hulle familie en ware vriende sal hul nooit verwerp nie, maak nie saak hoeveel emosionele seer daai persoon veroorsaak nie. Mense is geneig om die mense wat baie lief is vir hul, die heel seerste te maak.
6.)    Seer mense is dikwels self-geabsorbeer met hul eie pyn en is onbewus daarvan
ʼn Voorbeeld van hoe emosionele pyn kan ontstaan is dat in sommige huishoudings baklei die ouers en daar word geskree en die een ouer  kry emosioneel seer en dan voel  hy/sy iemand anders moet ook hul pyn voel en dan sê die persoon dinge wat hul nie bedoel nie, bv. vir sy of haar kind, dis dan wanneer die skade gedoen word.
7.)    Seer mense is dikwels gefrustreerd en depressief omdat pyn van die verlede voortdurend terug kom in hul huidige bewussyn
Mense wat  seer het leef baie keer in ʼn plek van frustrasie en depressie van al die pyn en  leef dan in ʼn dimensie waar hul konstant in konflik met ander is.

Belangrikheid van emosionele gesondheid
Geen mens wat met emosionele pyn rondloop en dit “vertroetel” kan op die lange duur normaal funksioneer nie. Onopgeloste emosionele pyn kan selfs ernstige siektes in jou liggaam veroorsaak.
Wat om te doen met ʼn emosionele siek  in jou lewe?
             Soos wat my Ma altyd sê as iemand jou kwaad maak, lelik is met jou of as hulle nie van jou
             hou nie , ”you love them back to life” maar jy raai hulle ook aan om hulp te kry om gesond te      
             word.    

My mening:
As iemand, wat seer het, jou kwaad of seer maak, help dit altyd om te weet dat daardie persoon self met seer rondloop. Dit verskoon egter nie sy gedrag nie en jy kan hom help deur voor te stel dat hy “healing” kry vir sy pyn...en jy kry dit NET van die Here af!!
             
             There is SUPERNATURAL power in repentance and forgiveness…….
             Seer mense moet  al die mense wat hulle kwaad aan gedoen het, vergewe.

https://za.pinterest.com/explore/stop-bullying/
                        

What is hurt?
There are many things to say about hurt and why people hurt each other!
People usually hurt others because they hurt themselves and they want to get rid of their pain and want someone else to feel their pain as well. This kind of pain, does not go away with time. Usually you need to go for therapy.  Emotional pain is much worse than physical pain, as a scrape or bruise disappear after time, the scars will never disappear in your heart.
Possible reasons why people hurt……….
1.) Those who hurt, usually have stress and trauma
Everyone reacts differently to emotional pain (some of us uses positive behaviour, such as meditation, exercise and therapy and others uses negative behaviour, such as bullying, violence, alcohol etc.) When it comes to stress and trauma, many people do not talk about their emotional pain, but it manifests itself in "disguised" as ways to bully the people closest to them emotionally. Many times as a family member or a "close" friend / girlfriend die you will be exposed to severe trauma. Most people do not know how to respond positively to stressful and traumatic incidents and they think the only way to feel better is by bullying or emotional and physical hurt.
2.) Aggressive Behaviour
If aggression is used at home for children, the children think that's how situations should be handled, and they share their aggression amongst their peers.
3.) They were being bullied mostly in their childhood but even as adults.
Research shows that people who are bullied in their homes, schools and other surroundings are two or even three times more likely to hurt other people emotionally.
4.) Difficult conditions at home
Many times people feel their parents do not spent enough time with them and that their love is not real and then feel neglected and rejected. If the child’s parents fights a lot it can also cause problems for the child.
5.) Relationship
People sometimes feel their friendships and family ties are very safe and they know their family and true friends will never reject them, no matter how much emotional pain that person caused. People tend to hurt the people who love them, the most.
6.) Hurt people are often self-absorbed with their own pain and are unaware of it
An example of how emotional pain can rise is the fights in some households. The parents are screaming and one parent feel emotionally hurt and wants the other one to feel their pain and say mean things that they do not mean, e.g. but for the child each parent is important and the damage is done.
7.) Hurt people are often frustrated and depressed because pain of the past constantly come back in their conscious.
People which are hurting live often in a place of frustration and in depression of all the pain and then live in a dimension where they are in constant conflict with others.

Importance of emotional health
No one who is walking around with emotional pain can function normally in the long run. Unresolved emotional pain can even cause serious illnesses in your body.
What to do with an emotional illness in your life?
As my mother always said, if someone makes you angry, or is mean to you or do not like you, "you love them back to life" but you recommend them to get help.


My opinion:
If someone who has already been hurt emotionally, makes you angry or hurt you, it always helps to know that this person is walking with pain inside himself. This does not excuse his behaviour, but you can help him by suggesting that he gets the "healing"  for his pain... and you only get that from the Lord !!
            
             There is Supernatural power in Repentance and forgiveness .......

             Hurt people, must forgive all those who did them wrong.

Sunday, 7 August 2016

Dinge wat jy moet weet oor....FIKSHEID

Hier is paar belangrike dinge wat jy moet weet oor fiksheid!

1.)Nie net oefen dit jou lyf,maar dit oefen jou brein ook.
Fiksheid verhoog energie vlakke en verhoog serotonien(n Voorbeeld van n neurotransmitter,n chemiese bootskap wat rondgegooi word tessun senuwee selle) in die brein.Soos die spreukwoord sệ,n gesonde liggaam huisves n gesonde gees!
2.)Fiksheid maak stres minder.
Oefening produseer n ontspaninge reaksie wat n positiewe gevoel gee.
3.)Oefening gee jou meer energie.
Wanneer jy oefen word daar endorfiene in jou bloedstroom vrygestel wat veroorsaak dat jy in n “feel good mode” is  en vol energie is vir die dag.
4.)Dis nie so moeilik om tyd te maak vir fiksheid nie.
Die sleutel is om jou tyd wys  te gebruik,dink so daaraan,gooi twee voёls raak met een klip.Vat(loop) jou kinders parkie toe om hulle fietse te gaan ry,dan kry jy sommer fisiese  oefening in en jy spandeer tyd saam jou gesin.
5.)Fiksheid kan jou ook help om verhouding te bou.
Skeduleer n oefensessie saam jou familielede,vriende of vriendinne en dan bou jy dieselfde tyd verhouding.
6.) Fiksheid laat jou hart vinniger klop.
Hoe meer jou lyf beweeg,hoe vinniger klop jou hart.
7.)Oefening hou jou jonk.
Oefening hou jou lyf mooi jonk en gesond, as jy oefen sal jy nie sommer hart proebleme kry nie.
8.)Eetgewoontes.
Hulle sệ mos “You are what you eat” en dit is so waar!Jy kan nie verwag om gewig  te verloor as jy alles eet wat jou oё sien nie!!(bv. inplaas van 3 glasse gaskoeldrank n dag of n week, drink water en inplaas daarvan om groot porsies kos te eet, eet kleinner porsies) ek  kan jou belowe jy gaan nogsteeds versadig wees!LUISTER NA JOU LYF!!
9.)Om gewig te verloor is nie die belangrikste ding nie.
Jy kan baie gewig verloor en nogsteeds nie gesond wees nie maar jy kan regte oefeninge doen, gesond wees en die  regte hoeveelheid gewig verloor??

Tuesday, 3 May 2016

`n Venster na my hart...

My naam is Ava Sothmann.Ek is 17 jaar oud en ek is gebore op die 15 Aug 1998 in Pretoria Oos Hospitaal.

Toe ek 5 jaar oud was,was ek gediagnoseer  met ‘n  baie skaars sindroom,die Machado Joseph Sindroom(MJD).Dit is ‘n sindroom waar jou Serebellum krimp en waar jy spesifieke simptome kry(as jy my vorige blog gelees het,sal jy weet wat al die simptome is).Die simptome wat ek beleef is: Stadig swakheid van bene en arms,soms  geblurde visie, ongekoördineerde loop, stadige en verwarde spraak, stadige oë beweging, erge attaksies(soms is dit baie erg,soms is dit beter, stadige geheue verlies,sukkel met aandag,sukkel  met my belans en met die fyn werking van fyn goed.
Dit is vir my baie moeilik om hierdie te aanvaar want in die verlede kon ek alle sportsoorte doen soos netbal,hokkie,ballet,gimnastiek,versping ens. en toe moes ek net stop en ek het nie regtig verstaan hoekom nie.
As ‘n kind het ek baie trauma beleef.’n Rukkie nadat ek gediagnoseer is met die sindroom, is my Ma gediagnoseer met borskanker.Toe my Ma gediagnoseer is met kanker,het my ouma vir ‘n rukkie hier by my,my boetie en my Pa kom bly.
Ek was te deurmekaar  en te klein om te te verstaan wat aan gaan.So twee  jaar wat my ouma by ons gebly het,was my Ma oorlede.Dit was vir my baie erg,dit het vir my gevoel of ek my beste vriend verloor het en ek kon nie verstaan hoekom dit met ons gebeur nie!!Ek het nie oor my pyn gepraat nie,my ouma het my baie gevra “hoekom huil jy nooit oor mamma nie?” en ek het gesệ “want ek moet  sterk wees vir pappa en vir boeta,want as hulle sien ek is hartseer,dan maak ek hulle nog meer hartseer”.Ek mis my Ma nou nog baie,soms voel dit vir my of niemand in die wệreld my so goed kan verstaan soos sy het nie!!

Partykeer voel ek of ek my kop onder die komberse wil indruk en nooit weer uitkom nie!!!Maar ek kan vir jou sệ dat alles raak met tyd beter,die pyn gaan nooit  weg nie maar dit raak definitief beter!!


My name is Ava Sothmann. I am 17 years old and I was born on 15 August 1998 in Pretoria East Hospital.
When I was 5 years old, I was diagnosed with a very rare syndrome, the Machado Joseph Syndrome (MJS).  It is a syndrome that shrinks your Cerebellum with specific symptoms (if you've read my previous blog, you will know all the symptoms).  The symptoms I'm experiencing:  slow weakness of arms and legs, sometimes blurred vision, uncoordinated walking, slow and slurred speech, slow eye movements, severe ataxia (sometimes it's really tough, sometimes better, slow memory loss, difficulty paying attention, difficulty with my balance and the fine performance of fine motor skills.
It is very difficult for me to accept this because in the past I could do all sports like netball, hockey, ballet, gymnastics, long jump etc. and then I had to stop all my sport and I did not really understand why.
As a child I had great trauma. A While after I was diagnosed with the syndrome, my mother were diagnosed with breast cancer. When my Mother got breast cancer, my grandmother came to stay with us for a while.
I was too small and too confused to understand what was going on. So for two years my grandmother stayed with us.  It seemed as if I had lost my best friend, I could not understand why these bad things had happen to us!!  I did not want to feel my pain, my grandmother asked me many times why I never cry about my mom. I answered "because I have to be strong for dad and boeta, because if they see I'm sad, then I make them even sadder".  I miss my mom so much now, sometimes I feel as if nobody in the world can understand me as well as she did!!

Sometimes I feel as if I just want to put my head under the covers and never come out again!!! But I can tell you that everything becomes better with time, the pain never goes away but it becomes definitely better!!


Monday, 18 April 2016

Machado Joseph Sindroom...

Machado Joseph Sindroom(MJD) is n siekte wat nie baie voorkom nie!

Daar is vyf dele van die brein.....
Serebrum
Serebellum
Brein Stem
Pituïtêre Hipofisie
Hipotalamus

MJD is vir die eerste keer ontdek in 1972.Machado Joseph Sindroom is vernoem na 2 persone, William Machado en Antone Joseph.
Die Serebrum is die grootste deel van die brein.Die Serebrum is 85% van die brein se gewig en beheer al jou denke en jou drome,jy kan nie sonder jou Serebrum nie!Jou geheue woon in jou Serebrum en as jy breinskade het gan jy natuurlik probleme met jou geheue hệ.Serebellum is die Latynsewoord vir "klein brein" en is die mees herkenbaarste deel van die brein as gevolg van die vorm en die plaasing.Die Serebellum is reg onder die Serebrum,heel agter in die kop,amper half weggesteek.Die Serebellum beheer dus spierspanning ten alle tye.Die Serebellum doen die meeste werk in jou brein omdat dit al jou bewegings beheer,dit is ook verantwoordelik vir al jou sintuie.Die Purkinje sel is n groot neuron met baie vertakkings wat gevind is in die korteks van die Serebellum.Hierdie sel is vir die eerste keer ontdek in 1837 deur Tsjeggiese fisioloog Jan Evangelista Purkinje.Die awesigheid van die Purkinje sel veroorsaak die Serebellum se krimping.Die Serebellum is baie belangrik vir alledaagse vrywillige take soos loop,skryf,hartloop ens.Dit is ook belangrik om in staat te bly van n gebalanseerde en regop posissie/postuur/liggaam.Die Serebellum speel n groot rol in die motoriese beheer van die liggaam.Dit is belangrik vir regte spierkoördinasie. Die Serebellum is betrokke by sommige kognitiewe funksies soos aandag,spraak en in die regulering van vrees en plesier antwoorde. Pasiënte  wat skading tot die Serebellum het,sukkel om hulle belans te hou en sukkel met  behoorlike spierkoördinasie. Serebellaire skade veroorsaak versteuring van fyn beweging,balans,postuur en motoriese leer. Machado Joseph sindoom(MJD) of Spinoserebellar ataksie tipe 3(SCA3) is n baie skaarse sindroom.1 uit baie mense het hierdie sindroom. Hierdie siekte word geken deur stadige onhandige beweging,swakheid van arms en bene,verwaring van dronkheid,dubbule visie,spraak,sluk ens. Byna alle individue met die MJD sindroom ervaar  visie probleme, insluitend dubbele visie of dowwe visie, verlies van die vermoë om kleure of kontras te onderskei en onvermoë om oogbewegings te beheer.MJD sindroom is ongeneesbaar,maar sommige simtome kan behandel word.Moeilikke spraak en sluk kan behandel word met medikasie en spraakterapie,probleme met arms en bene kan behandel word met fisioterapie,fisiese hulpmiddels soos loopers en rolstoele kan help met alledaagse aktiwiteite. Spastisiteit kan verminder word met krampstillend dwelms, soos Baclofen.

Funksies van die Klein Brein…
•             Hou jou belans en postuur in beheer
•             Koördinasie van vrywillige beweging
•             Motoriese leer
•             Kognitiewe Funksie

Hoe vermoed jy jou serebellum krimp?
•             ‘n Heen en weer bewegende liggaam
•             Ongekoördineerde bewegings van die arms en bene
•             Stadige en verwarde spraak
•             Nystagmus(Stadige oё beweging)
•             Moelike sluk
•             Debbule visie
•             Ongewone oogbewegings
•             Stadig progressiewe lompheid

Moontlike redes hoekom jou serebelluum krimp..
•             Kopwonde(bv.n rowwe kar ongeluk, val van die bed af op jou kop of stamp jou kop teen n harde struktuur ens)
•             Beroertes
•             Kortstondige iskemiese aanval (TIA)
•             Serebrale gestremdheid
•             Veelvuldige sklerose(MS)
•             Waterpokkies
•             Paraneoplastiese sindrome
•             Brein gewas
•             Vitamien E of vitamien B12-tekort

Simptome van MJD

o             Swakheid van bene en arms
o             Nystagmus(Stadige oё  beweging)
o             Kort geheue
o             Spastisiteit
o             Gereelde urinering
o             Stadig progressiewe lompheid
o             Geblurde visie
o             Attaksies
o             Debbule visie
o             Ongekoördineerde loop
o             Stadige en verwarde spraak

Diagnose
MJD kan gediagnoseer word deur die erkenning van die simptome en die kyk van familiegeskiedenis  of deur n MRI te doen en uit te vind.
Simptome verskil van mens tot mens

Klassifikasies van MJD…
Daar is verskillende sub-tipes van MJD…
•             Tipe I : word gekenmerk deur tussen die ouderdomme van 10 en 30 en word verteenwoordig met 13% individue.
•             Tipe II : Dit is die mees algemene sub-tipe met die ouderdomme van 20 en 50(verteenwoordig 57% individue).
•             Tipe III : Stadige vordering,tussen die ouderdom van 40 en 70(verteenwoordig 30% individue)
•             Tipe IV : word gekenmerk deur Parkinson simptome wat besonder goed gereageer het op levodopa behandeling.
•             Tipe V : Oorerflike Spastiese Paraplegie

Is dit geneesbaar?

Nee… but with God anything is possible!!

Wednesday, 6 April 2016

Ava se 2weke oefen program...




 Oefendae
 Oefeninge
Drink baie
 Maandag
 Weights(20 elke arm en 20 albei saam)

Keit oefeninge(20 elke been en 20 saam)

Sqauts(20)
Herhaal 3 keer en as jy nog nie moeg is nie,trap trapfiets vir 20min
water
 Dinsdag
 Strek oefeninge
water
 Woensdag
 Bruggie(30 sek)
Plankie/leg raises(30 sek)
Push ups(Tot jy moeg is)
Herhaal 4 keer
water
 Donderdag
Rus
water
 Vrydag
Trap trapfiets vir 20 min
Weights(20 elke arm,20 altwee arms gelyk)
Crunches(40)

water