Showing posts with label Onderhoud. Show all posts
Showing posts with label Onderhoud. Show all posts

Friday, 9 September 2016

Die lewe as gestremde....

Wat is jou naam, van en ouderdom?
Amorѐ Viljoen,18
Vertel my bietjie meer oor jouself, waarvan jy hou, jou stokperdjies ens.
My naam is Amorѐ,ek is  18 en ek verjaar op die 20 November. My gunsteling kos is slaai en tuna pasta en om te drink - sap of water. Ek bly nog by my ouers. Ons is vyf kinders. My gunsteling  kleure is pers,swart + blou.
My stokperdjies is swem, blog, oefening(Fitness), inkleur, stap.
Wat se tipe gestremdheid het jy?
Machado Joseph Sindroom.
Op watter ouderdom het jy hierdie gestremdheid gekry en hoe?
Op die ouderdom van 4, die duiwel het kom steel. Die dokters weet nie wat die oorsaak is nie.
Hoe behandel jou vriende en familie jou en aanvaar hulle jou soos jy is?
Familie behandel my soos n “normale” kind. Vriende aanvaar my maar soms as ek goed nie verstaan nie dan raak hul geirriteerd met  my.
Hoe behandel  vreemde mense jou?
Ek hou nie baie daarvan om by vreemdes te wees nie. As ek in die winkels loop dan staar al die mense vir my omdat ek anders loop en “zic-zac” loop.
Veroorsaak jou tipe gestremindheid dat jy permanent hulp nodig het?
Nie altyd nie, net met party goed.
Hoe voel jy daaroor om nou van hulp afhanklik te wees,waar dit  vroeёr  nie nodig was nie?
Ek voel so moedeloos en frustreerd van wat ek  kon doen en nou nie  meer kan doen nie. Ek sal dit altyd mis.
Hoe voel jy oor dit wat jy vroeёr  kon doen en nou nie meer kan doen nie?(bv.kuns , sport ens)
Ek kyk na mense wat sport doen(Netbal,Hokkie,Gimnastiek) ens. en ek mis dit en ek wens ek kon dit nog doen.
Het jy ‘n “plaasvervanger”  belangstelling  of  “hobby” gekry in die plek van die dinge wat jy  nie meer kan doen nie?
Ek dink mens kry eintlik nooit n plaasvervanger vir die goed wat jy vir die liefste was om te doen nie, maar ja ek hou baie daarvan om op my blog te werk, swem, tv te kyk, te oefen ens.
Hoe voel jy oor jou gestremdheid?
Ek het dit vir nou aanvaar, maar ek verwag eendag beslis die GROOTSTE wonderwerk  van my lewe! Ek weet dat God n “purpose en n destiny” vir my lewe het. My motto is “If it ain’t difficult, it ain’t worth it”!!
Watter woord beskryf jou gevoel die beste ten opsigte van jou gestremdheid? (kwaad, hartseer, aanvaarding, uitdaging, ens)
Kwaad, gefrustrreerd, moedeloos en uitdaging.
Wat het jy oor jouself  geleer wat jy andersins nooit sou leer as jy nie gestrem was nie?
Dat ek nooit moet opgee nie want die Here sal nooit iets oor my pad stuur wat ek nie kan maak nie en dat mense jou sal aanvaar al het jy n gebrek, dit maak nie saak hoe jy lyk nie of hoe jy loop nie, dit maak saak wat in jou hart aangaan.
Het jy hoop om genees te word van jou gestremdheid/siekte?
Ja.
Glo jy dat daar dalk ‘n groter doel is met jou  gestremdheid as net bloot die feit dat jy nou nie meer “normal” kan funksioneer nie?
Beslis Ja!Ek glo my gestremdheid inspireer ander gestremdeses self nie gestremdes.
As jy “ja” geantwoord het op bg vraag, wat is volgens jou die doel daarvan…….?
Ek was al tussen ander “normale” tieners wat vir my gesê het die manier hoe ek dinge aanpak het hul gemotiveer om meer positief na die lewe te kyk.
Glo jy dat jou lewe as gestremde dalk vir ander (gestremd of nie-gestremd) ‘n inspirasie kan wees?
Ja want as ek as gestremde my GAT af sukel om te loop, skyf, eet ens. dan kan normales dit mos beter doen.

What is your name and age?

Amorѐ Viljoen 18
Tell me a little about yourself, what you like, your hobbies etc.
My name is Amorѐ, I'm 18 and my birthday on 20 November. My favourite food is salad and tuna, pasta and to drink - juice or water. I stay with my parents. We are five children. My favourite colours are purple, black + blue.
My hobbies are swimming, blogging, exercise (Fitness), colouring, walking.
What kind of disability do you have?
Machado Joseph Syndrome.
At what age did you get this disability and how?
At the age of 4, the devil came to steal. The doctors do not know what the cause is.
How do your friends and family treat you and do they accept you as you are?
My family treated me like a "normal" child. Friends accept me but sometimes I know that I touch the wrong buttons which can annoy them.
How treat strangers you?
I do not like it to be with strangers. When I'm in the shops it feels as if all the people are staring at me because I walk differently "Zic zac".
Do you need permanent help because of your disability?
Not always, just with some things.
How do you feel about being dependent on helping aids, where you did not need it a few years ago or even a year ago?
I feel so discouraged and frustrated by what I could do then and not do anymore. I miss it all.
How do you feel about what you could do previous years and not do anymore? (like art, sports, etc.)
I look at people who do sports (Netball, Hockey, Gymnastics) etc. I miss it and I wish I could still do it.
Do you have a "substitute" interest or "hobby" in the place of the things you cannot do more?
I think you do not really ever get a substitute for the things you loved to do, but yes I like to work on my blog, swimming, watching TV, exercise etc.
How do you feel about your disability?
I accept it for now, but I expect the LARGEST miracle of my life one day, I know that God has a "purpose and a destiny" for my life. My motto is "If it is not difficult, it is not worth doing it"!!
How do you best describes your feelings regarding your disability? (Angry, sad, acceptance, challenge, etc.)
Angry, frustrated, despair and defiance.
What have you learned about yourself that you otherwise would never have learned if you were not disabled?
That I should never give up because God will never send something my way that I cannot overcome with His help and that people will accept me even if I lack some skills, it does not matter what you look like or how you walk, it matters what is going on in your heart.
Do you hope to be cured of your disability / illness?
Yes.
Do you believe there may be a higher purpose to your disability as merely the fact that you cannot function no longer "normal"?
Definitely Yes! I believe my disability inspire other disabled people.
If you answered "yes" on the above question, what do you think is the purpose.......?
I've been between "normal" teenagers who told me they have been motivated to look more positively at life.
Do you believe that your life as a disabled person may for other (disabled or non-disabled) be an inspiration?
Yes because if I as a disabled person really struggles to walk, drive, eat etc. then normal people can do that much better.

Tuesday, 6 September 2016

Die lewe as gestremde....

Wat is jou naam, van en ouderdom?
 Eric Streso , 46
Vertel my bietjie meer oor jouself, waarvan jy hou, jou stokperdjies ens.
My stokperdjies is werk en musiek. In my werk kry ek die geleentheid om daagliks mense te help met Fnansiele Beplanning en Regsdienste.
Musiek was nog altyd vir my `n liefde vandat ek deel van die Groep Coleske was as skoolkind. Tot vandag reel ek vertonings vir kunstenaars. Ons het sover gegaan on die Grootste Afrikaanse Konsert in die Geskiedenis in London te doen so 2 jaar terug. Dit was ongelooflik.
Wat se tipe gestremedhid het jy
 Ek het my linkerarm verloor in `n motorfiets ongeluk so 8 jaar gelede. Daarmee ook my spinaalkoord beseer tot so `n mate dat ek gedeeltelike gebruik van my regterbeen het.
Op watter ouderdom het jy hierdie gestremdheid gekry en hoe?
38
Hoe behandel jou vriende en familie jou en aanvaar hulle jou soos jy is?
 Absoluut. Ons het maar met humor aangepas. My vriende noem my nou die One-Arm-Bandit.
Hoe behandel  vreemde mense jou?
 Ag ek steur my nie eintlik meer daaraan nie. Maar oor die algemeen het ek nog geen vreemde reaksies ervaar nie.
Veroorsaak jou tipe gestremdheid dat jy permanent hulp nodig het?
Ja met party goed. Hoofsaaklik maar netjies aantrek.
Hoe voel jy daaroor om nou van hulp afhanklik te wees,waar dit  vroeёr  nie nodig was nie?
Dit was `n hengse aanpassing. Iets wat jou trots nogals mee baklei MAAR nou weet ek om te vra as ek iets nodig het.
Hoe voel jy oor dit wat jy vroeёr  kon doen en nou nie meer kan doen nie?(bv.kuns , sport ens)
 Ek mis dit vrek baie. Veral guitar speel en golf. Dis iets wat ek altyd sal mis.
Het jy ‘n “plaasvervanger”  belangstelling  of  “hobby” gekry in die plek van die dinge wat jy  nie meer kan doen nie?
 Ja. Instede van self musiek maak reel ek nou vertonings en geniet dit net so baie. Sport is nou maar in die verlede vir my. My liggaam laat dit fisies nie toe nie.
Hoe voel jy oor jou gestremdheid?
 Baie baklei met God en myself daaroor al MAAR ek is nou fine daarmee en leer elke dag nuwe goed om dit makliker te maak.
Watter woord beskryf jou gevoel die beste ten opsigte van jou gestremdheid? (kwaad, hartseer, aanvaarding, uitdaging, ens)
 UITDAGING
Wat het jy oor jouself  geleer wat jy andersins nooit sou leer as jy nie gestrem was nie?
 Respek vir mense wat minderbevoorreg is se posisie. Ook dat mense met gestremdhede nie jammer gekry wil word nie MAAR net `n regverdige kans wil he.
Het jy hoop om genees te word van jou gestremdheid/siekte?
Ongelukkig nie. Ek dink nie daar bestaan `n “cure” nie, so ek het vrede in my hart daaroor.
Glo jy dat daar dalk ‘n groter doel is met jou  gestremdheid as net bloot die feit dat jy nou nie meer “normal” kan funksioneer nie?
Ja. Dit het my baie ander mense laat ontmoet. Dit het my by Nuwe Hoop Skool uitgebring.
As jy “ja” geantwoord het op bg vraag, wat is volgens jou die doel daarvan…….?
Om mense te leer hoe om mense met gestremdhede te hanteer en hulle te respekteer. Om nie neer te sien op mense wat jy geen moeite mee gemaak het om te ken nie.
Glo jy dat jou lewe as gestremde dalk vir ander (gestremd of nie-gestremd) ‘n inspirasie kan wees?
Ek hoop regtig so. Al maak dit net in een mens se lewe n verskil..

What is your name and age?
 Eric Streso, 46
Tell me a little about yourself, what you like, your hobbies etc.
My hobbies are work and music. In my work I have the opportunity every day to help people with Financial Planning and Legal Services.
Music has always been for me a dream since I am part of the group Coleske as a schoolboy. To this day I arrange performances for artists. We have to travel as far as going on the Greatest African concert in history in London like two years ago. It was unbelievable.
What kind of disability do you have?
 I lost my left arm in a motorcycle accident 8 years ago. This also injured my spinal cord to such an extent that I have only partial usage of my right leg.
At what age did you get this disability and how?
38
Does your friends and family accept you the way you are?
 Absolutely. We only adjusted with humour. My friends call me the One-Arm Bandit.
How does strangers treat you?
Oh, it doesn’t bother me anymore. But generally I have not experienced any strange reactions.
Do you need permanent help because of your disability?
Yes with some things. Mainly when I want to dress neatly.
How do you feel about being dependent on aids, where previously it was not necessary?
It was a huge adjustment. Something fight with your pride, but now I know to ask if I need anything.
How do you feel about what you could do previously and not do now? (Like arts, sports, etc.)
I absolutely miss it a lot. Especially playing guitar and golf. It's something I will always miss.
Do you have a "substitute" interest or "hobby" in the place of the things you cannot do more?
Yes. Instead of making music myself I now organise performances and enjoys it so much. Sport is now in the past for me. My body makes it physically impossible to do sport.
How do you feel about your disability?
Many times I fought with God and myself about it all but now I'm fine with it and learn new things every day to make life a little easier.
Which word describes how you feel the best in terms of your disability? (Angry, sad, acceptance, challenge, etc.)
CHALLENGED
What have you learned about yourself that you otherwise would never have learned if you were not disabled?
Respect for people in less privileged positions. Also that people with disabilities do not want to be pitied BUT just wants to have a fair chance.
Do you hope to be cured of your disability / illness?
Unfortunately not. I do not think there is a "cure", so I have peace in my heart about it.
Do you believe there may be a higher purpose to your disability as merely the fact that you cannot function "normal" anymore?
Yes. It allows me to meet many people. This has brought me to New Hope School.
If you answered "yes" on the above question, what do you think is the purpose.......?
To teach people how to deal with people with disabilities and to respect them. To look down on people that you have made no difficulty to know.
Do you believe that your life as disabled may for other (disabled or non-disabled) be an inspiration?
 I really hope so. Even if it makes only a difference in one person's life.

Die lewe as gestremde....

Mej. Dowe SA

Wat is jou naam, van en ouderdom?
Vicki Fourie, 27 jaar oud.
Vertel my bietjie meer oor jouself, waarvan jy hou, jou stokperdjies ens.
Ek is gebore in Bloemfontein, het vanaf die ouderdom van 6-15 skoolgegaan by Lifestyle Christian Academy in Worcester. Toe trek ons weer terug Bloem toe. Ons het sowat 1 jaar terug verhuis na Johannesburg.
Stokperdjies: Lees, swem, stap en inkleur.
Wat se tipe gestremdheid het jy?                   
Ek het 97% gehoorverlies. In 2013 het ek ‘n kogleere inplanting gekry in my regteroor, en in 2015 het ek ‘n inplanting in die linkeroor gekry. Dus kan ek nou ongeveer 80% hoor in albei ore.
Op watter ouderdom het jy hierdie gestremdheid gekry en hoe?
Ek het op 6 maande koors gekry. Op die ouderdom van 2 het ek nog nie begin praat nie, en toe doen die dokter ‘n breinstam-toets. Dit het bevestig dat ek het 97% gehoorverlies.
Hoe behandel jou vriende en familie jou en aanvaar hulle jou soos jy is?
My familie het my van kleins af geleer en gehelp om lippe te lees, en ek het geleer hoe om soos ‘n horende persoon te praat. Dus het ek nooit eintlik gevoel ek is anders nie. Ek was altyd deel van die familie, het altyd gedink ek is normaal.
Soms op skool het ek alleen gevoel, veral wanneer ek nie verstaan het wat gaan aan in groot groepe nie. Maar vandag het ek goeie vriende wat volwasse genoeg is om my te help en te ondersteun waar hulle kan.
Hoe behandel  vreemde mense jou?
Vreemdelinge kom nie altyd agter dat ek gehoorverlies het nie, omdat ek so duidelik kan praat. Maar soms is daar misverstande, veral wanneer ek nie altyd verstaan wat die persoon vir my wil se nie. Hulle is dan ongeduldig en ongeskik met my. Ek maak seker dat my gesindheid mooi bly, ongeag van andere se gesindheid teenoor my. Net omdat iemand lelik is met my beteken dit nie ek moet ook lelik wees nie. Ek glimlag, prober my bes om dit uit te sort en wanneer ek wegloop maak ek ‘n punt daarvan om dit te vergeet en aan te beweeg.
Veroorsaak jou tipe gestremdheid dat jy permanent hulp nodig het?
Ek dra elke dag my kogleere inplantings, maar verder is daar geen permanente hulp wat ek benodig nie.
Soms moet ek familie en vriende vra om my te help met foon oproepe, maar verder kommunikeer ek per sms en epos.
Hoe voel jy daaroor om nou van hulp afhanklik te wees,waar dit  vroeёr  nie nodig was nie?
Ek het grootgeword met my gehoorverlies, so dit was nog altyd deel van my lewe. Toe ek die inplantings gekry het het dit my net nog meer onafhanklik gemaak. Daarvoor is ek ongelooflik dankbaar. Dit het my ‘n groot hupstoot in die lewe gegee.
Hoe voel jy oor dit wat jy vroeёr  kon doen en nou nie meer kan doen nie?(bv.kuns , sport ens)
Nie van toepassing nie.
Het jy ‘n “plaasvervanger”  belangstelling  of  “hobby” gekry in die plek van die dinge wat jy  nie meer kan doen nie?
Nie van toepassing nie.
Hoe voel jy oor jou gestremdheid?
As kind het ek nie regtig ‘agtergekom’ ek is anders nie. Op hoerskool was ek ‘n bietjie kwaad, alleen en gefrustreerd. Ek het geleer hoe om deur dit te werk, en dit het my net nog sterker gemaak. Vandag is ek vervuld met wie ek is en waar ek is in die lewe. Ek is oneindig dankbaar oor alles en almal wat om my is.
My gestremdheid is nie die kern van wie ek is as mens nie. Dit is net iets waarmee ek elke dag moet lewe, maar dit bepaal nie my geluk nie.
Watter woord beskryf jou gevoel die beste ten opsigte van jou gestremdheid? (kwaad, hartseer, aanvaarding, uitdaging, ens)
‘n Lewe vol uitdagings maar ook vol genade en seeninge in oorvloed.
Wat het jy oor jouself  geleer wat jy andersins nooit sou leer as jy nie gestrem was nie?
Dat ek is baie sterker is as wat wat ek gedink het ek is. Dat daar mooi is in seerkry, hartseer wees en alleenwees. Dit forseer jou om uit te vind wie jy is, wat jou identiteit is (en ek het myne in my verhouding met God gekry). Die lewe is moeilik – elkeen van ons het uitdagings, maar die dag wanneer ons uitvind dat dit sal ons nie doodmaak nie – dit is die dag wat vryheid, vrede en rustigheid in ‘n mens se hart kom.
Het jy hoop om genees te word van jou gestremdheid/siekte?
Ek sal ongelukkig nie 100% genees kan word van gehoorgestremdheid nie. Dit sal net ‘n wonderwerk vat – iets wat net God alleen kan doen.
Glo jy dat daar dalk ‘n groter doel is met jou  gestremdheid as net bloot die feit dat jy nou nie meer “normal” kan funksioneer nie?
Ja, daar is altyd ‘n groter doel en ‘n groter prentjie met alles. As dit nie was vir my gehoorgestremdheid nie, sou ek nie Mej Dowe SA gewen het nie, oorsee gegaan het en Mej Dowe Internasionaal 1ste prinses gewen het nie, twee boeke geskryf het nie, talle artikels en rubrieke in tydskrifte en koerante gepubliseer het nie, en motiveringsspreker geword het nie. Met my praatjies het ek al meer as 200 optredes gedoen die laaste 5 jaar. Dit is meer 500,000 mense wat aangeraak is deur my storie van inspirasie en dapperheid en durf.
Al hierdie dinge sou nie gebeur het as dit nie was vir my gehoorverlies nie.
As jy “ja” geantwoord het op bg vraag, wat is volgens jou die doel daarvan…….?
Sien vorige antwoord.
Glo jy dat jou lewe as gestremde dalk vir ander (gestremd of nie-gestremd) ‘n inspirasie kan wees?
Beslis. Ek het geen twyfel daaroor.

Miss. Deaf SA

What is your name and age?
Vicki Fourie, 27 years old.
Tell me a little about yourself, what you like, your hobbies etc.
I was born in Bloemfontein, aged 6-15 attended school at Lifestyle Christian Academy in Worcester. We moved back to Bloemfontein and about a year ago we moved to Johannesburg.
Hobbies: Reading, swimming, hiking and colouring.
What kind of disability do you have?
I have 97% hearing loss. In 2013 I received a cochlear implant in my right ear, and in 2015 I received an implant in my left ear. So I can now hear about 80% in both ears.
At what age did you get this disability and how?
I got a fever when I was only 6 months. At the age of 2, I have not started to talk, and when the doctor done a brainstem test, it was confirmed that I had 97% hearing loss.
How does your friends and family treat you and do they accept you as you are?
My family taught me from an early age and helped me to read lips, and I learned how to talk like a hearing person. So I never really felt I was different. I was part of the family, always thought I was normal.
Sometimes at school I felt alone, especially when I do not understand what's going on in large groups. But today I have good friends who are mature enough to help me and support wherever they can.
How do strangers treat you?
Strangers do not always realize that I have hearing loss, because I can speak so clearly. But sometimes there are misunderstandings, especially when I do not understand what the person are saying to me. They are then impatient and rude to me. I make sure that my attitude is always positive, regardless of other people's attitude towards me. Just because someone is ugly to me it does not mean I have to be rude. I smile, tries my best to sort it out, and when I walk away I make a point of it to forget it and move on.
Do you need permanent help because of your disability?
I wear my cochlear implants every day, but other than that there is no permanent help I need.
Sometimes I ask family and friends to help me with phone calls, but otherwise I communicate via SMS and email.
How do you feel about being dependent on aids, where previously it was not necessary?
I grew up with my hearing loss, so it has always been part of my life. When I got the implants it just made me more independent. For that I am incredibly grateful. It gave me a huge boost in life.
How do you feel about your disability?
As a child, I did not really realize 'I'm different. In high school I was a little angry, lonely and frustrated. I learned how to work through it. Today I am comfortable with who I am and where I am in life. I am eternally grateful for everything and everybody around me.
My disability is not the core of who I am as a person. It's just something I have to live with, but it does not determine my happiness every day.
Which word describes best how you feel in terms of your disability? (Angry, sad, acceptance, challenge, etc.)
A life full of challenges but also full of grace and blessings in abundance.
What have you learned about yourself that you otherwise would never learned if you were not disabled?
I am much stronger than I thought I was. That is nice to be in pain, sadness and loneliness. It forces you to find out who you are, what your identity is (and I got mine in my relationship with God). Life is hard - we all have challenges, but the day we find out that it will not kill us - it is the day that freedom, peace and tranquillity found in a person's heart.
Do you hope to be cured of your disability / illness?
I will not be unhappy if I do not heal 100% of hearing disability. It will just be a huge miracle - something only God can do alone.
Do you believe there may be a higher purpose to your disability as merely the fact that you cannot function like a "normal" person?
Yes, there is always a higher purpose and a big picture of everything. If not for my hearing impairment, I would not have been chosen as Miss Deaf SA, went overseas and as Miss Deaf has won International 1st princess, has written two books, numerous articles and columns have been published in magazines and newspapers, and has become a motivational speaker. In my talks, I made more than 200 appearances in the last 5 years. It is more than 500,000 people who have been touched by my story of inspiration and courage and daring.
All of this would not have happened if it were not for my hearing loss.
Do you believe that your life as disabled person may for other (disabled or non-disabled) be an inspiration?

Definitely. I have no doubt about it.

http://vickifourie.blogspot.co.za/

Die lewe as gestremde....

In hierdie volgende paar posts doen ek onderhoude met gestremde mense en hoe dit voel om n gebrek te he....

Wat is jou naam, van en ouderdom?
Juanita Pienaar en ek is 18 jaar oud, amper 19.
Vertel my bietjie meer oor jouself, waarvan jy hou, jou stokperdjies ens.
My naam beteken Gift of God. Ek was 8 jaar terug in ‘n motorfietsongeluk. Ek hou van sport. Mosaïke is my stokpertjie. En God is my alles.
Wat se tipe gestremdheid het jy?
Ek is Hemipleeg, aan my linker kant en ek het korttermyn gehue verlies.
Op watter ouderdom het jy hierdie gestremdheid gekry en hoe?
10 jaar oud. En ek was in ‘n motorfietsongeluk, saam met my pa
Hoe behandel jou vriende en familie jou en aanvaar hulle jou soos jy is?
Hulle aanvaar my soos ek is, want hulle is ware vriende en my familie het my waarlik lief.
Hoe behandel  vreemde mense jou?
Sommiges vind dit vreemd, maar solank mense Jesus deur my kan sien en ek God se boodskap in my lewe kan wys
Veroorsaak jou tipe gestremdheid dat jy permanent hulp nodig het?
Nee, sekere dinge kan ek op my eie doen, as ek nie al twee hande nodig het nie. En party dinnge het ek met tyd leer self doen
Hoe voel jy daaroor om nou van hulp afhanklik te wees,waar dit  vroeёr  nie nodig was nie?
Ek het dit aanvaar, want Jesus het dit toegelaat en solank ek binne God se Wil lewe, weet ek, ek sal eendag, die ewige lewe, hê.
Hoe voel jy oor dit wat jy vroeёr  kon doen en nou nie meer kan doen nie?(bv.kuns , sport ens)
Ek mis dit somtyds, maar dis hoe ek God se lig in my lewe kan skyn.
Het jy ‘n “plaasvervanger”  belangstelling  of  “hobby” gekry in die plek van die dinge wat jy  nie meer kan doen nie?
In die verlede het ek sport as my “hobby” gehad. Maar ek het seer gekry. En solank ek Jesus se lig kan skyn, is ek “happy”
Hoe voel jy oor jou gestremdheid?
Ek het dit aanvaar, want God gee my elke dag, die krag om die werk wat Hy vir my gee. En toe ek in die ongeluk was, het die mense gesê: Ek sou dit nie gemaak het nie, maar God  hou die sleutel van dood en lewe in Sy hand. En Hy is ALMAGTIG.
Watter woord beskryf jou gevoel die beste ten opsigte van jou gestremdheid? (kwaad, hartseer, aanvaarding, uitdaging, ens)
Liefde
Wat het jy oor jouself  geleer wat jy andersins nooit sou leer as jy nie gestrem was nie?
Ek sou nie God so goed geken het nie.
Het jy hoop om genees te word van jou gestremdheid/siekte?
Ek WEET, dat ek in die lewe hiernamals ‘n Volmaakte liggaam gaan hê. God sê in Sy woord dat hierdie lewe wat ons nou het, net ‘n gedeelte is van die Hiernamals.
Glo jy dat daar dalk ‘n groter doel is met jou  gestremdheid as net bloot die feit dat jy nou nie meer “normal” kan funksioneer nie?
Ja
As jy “ja” geantwoord het op bg vraag, wat is volgens jou die doel daarvan…….?
God het na die ongeluk 4 skifte vir my ma gegee. Jak 1:2 +3 en 1 Pet 1:6 +7. En ek weet God is in beheer
Glo jy dat jou lewe as gestremde dalk vir ander (gestremd of nie-gestremd) ‘n inspirasie kan wees?

Ja, solank ek die werk van God doen, het ek al die vreugde in my lewe ontvang.